YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 101

101
Van Dawid
1Ek wil sing van u liefdevolle goedheid en u regverdigheid.
Ek wil liedere sing oor hoe groot en belangrik U is.
2Ek wil probeer leef soos U wil hê.
Wanneer kom U na my toe?
Daar by my huis wil ek so leef dat U daarop trots kan wees.
3Ek wil niks met slegte dinge te doen hê nie.
Ek hou ook net mooi niks van al die dinge wat slegte mense doen nie.
Daarmee wil ek niks te doen hê nie.
4Van allerhande slegte gedagtes wil ek wegbly,
en aan dinge waarvan die Here nie hou nie, wil ek nie eens dink nie.
5Ek kan mense wat skinder, nie verdra nie. Ek wil hulle sommer iets aandoen.
’n Windbol wat te veel van homself dink, wil ek sommer net daar bestraf.
6Ek hou baie van mense wat die Here getrou dien en doen wat reg is.
Hulle is meer as welkom by my. Hulle kan vir my werk.
7Iemand wat lieg en bedrieg, moet dit nie eens oorweeg om naby my paleis te kom nie.
8Daar sal nie een dag verbygaan dat ek nie slegte mense die stryd sal aansê nie.
Ek sal nie ophou tot hulle almal aan die pen gery het nie.

Currently Selected:

Psalms 101: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy