YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 13

13
Rykdom in die hande van ’n wyse is goed
1’n Slim jongmens vergeet nie sy ouers se opvoeding nie. ’n Domme laat hom deur niemand leer nie, selfs al dreig jy hom.
2’n Gelowige se woorde kan baie vir ander mense beteken. Hy trek self ook voordeel daaruit. Slegte mense kan nie genoeg van geweld kry nie.
3Hy wat sy mond kan hou, bly uit die moeilikheid uit. ’n Kletskous praat maklik sy mond verby en beland in groot moeilikheid.
4’n Luiaard smag na baie dinge, maar hy kry niks daarvan nie. Iemand wat hard werk, het kos en klere. Hy het oorgenoeg om van te leef.
5’n Gelowige haat alles wat sleg is. ’n Slegte mens tree walglik op. Sy lewe stink van al die vieslikhede. 6Die regte manier van leef beskerm die gelowige teen verkeerde dinge. Sonde vernietig ’n booswig se lewe heeltemal.
7Baie mense maak asof hulle ryk is. Eintlik is hulle brandarm. Ander leef nederig terwyl hulle baie geld in die bank het.
8Rykdom help baie. As jy geld dringend nodig het, is dit beskikbaar. Armoede is sleg, want dit maak die arme weerloos. Hy is altyd aan ander se genade uitgelewer.
9’n Gelowige se vreugde skyn soos ’n helder lig wat almal kan sien. Ongelowiges se bietjie blydskap verdwyn in die sand. Dit is soos ’n lamp wat al hoe dowwer brand. 10Mense wat altyd beter weet, beland maklik in rusies. Gelowiges luister graag na ander en neem hulle standpunte in ag.
11Kitsrykdom sonder harde werk hou nie lank nie. Wie bietjie vir bietjie spaar, word ryk.
12Drome wat nie waar word nie, bring hartseer. ’n Wens wat waar word, maak die lewe die moeite werd.
13Wie die Here se woord verwerp, vernietig homself. Wie dit sy eie maak, is ’n gelukkige mens.
14Mense wat die lewe ken, kan jou baie leer. Hulle lewenswysheid is ’n onuitputlike bron van kennis. Wie dit sy eie maak, word baie ellende gespaar.
15Lewenswysheid maak dat almal van jou hou. Ongelowiges gaan onder.
16’n Slim mens dink voordat hy iets doen. ’n Dom mens weet nie wat hy doen nie. Almal sien en hoor hoe dwaas hy is.
17’n Slegte boodskapper vergeet maklik wat hy moet sê. Mense word dan baie kwaad vir hom. ’n Goeie boodskapper se woorde maak mense gelukkig.
18Wie hom nie steur aan die voorskrifte vir ’n gelukkige lewe nie, word gou arm. Skande op skande is sy lot. Diegene wat na goeie raad luister, word deur ander gerespekteer.
19Dit is lekker as ons ons ideale bereik. Slegte mense bereik niks nie, want hulle sukkel om hulle verkeerde dade te los.
20Wie dikwels in die geselskap van gelowiges is, leer self ook met die tyd om reg op te tree. Wie altyd net met ligsinniges en ongelowiges meng se lewe is leeg. 21Mense wat die Here verwerp se lewe is hel. Gelowiges ervaar intense geluk en voorspoed.
22Iemand wat verstandig met sy geld werk se kleinkinders sal nog eendag daarvan erf. Selfs goddeloses se geld beland dikwels in die hande van gelowiges.
23Arm mense se grond lewer genoeg op dat hulle kan eet. Maar as wet en orde nie gehandhaaf word nie, verloor hulle selfs die bietjie wat hulle het.
24Wie nooit met sy kinders raas nie, het hulle nie werklik lief nie. Iemand wat sy kinders regtig liefhet, sal hulle kortvat as dit nodig is.
25’n Gelowige het genoeg om van te leef. Ongelowiges ly gebrek.

Currently Selected:

Spreuke 13: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy