YouVersion Logo
Search Icon

Hosea 14

14
1“Samaria sal betaal vir sy skuld. Hy het mos met sy God baklei. Die vyand sal sy mans met swaarde doodmaak. Sy kinders sal uitgeroei word. Hulle sal vroue wat babas verwag met swaarde oopsny.”
Israel se belydenis
2“Israel, jy moet teruggaan na die Here jou God toe. Jou sonde het jou laat struikel. Dit het jou op die grond laat val. 3Kom na God toe en sê vir Hom dat jy verkeerd was. Kom terug na die Here toe. Bid tot die Here: “Vergeef ons tog al ons sonde. Ons is jammer daaroor. Aanvaar tog ons verskoning oor ons sonde. Ons belydenis is die offer wat ons bring om ons sake met U weer reg te stel. 4Assirië kan ons nie red nie. Ons kan nie op ons weermag en ons wapens vertrou nie. Ons kan nooit weer vir die gode wat ons met ons eie hande gemaak het, sê ‘My god’ nie. ’n Kind wat niemand het om vir hom te sorg nie, kan maar net by U die liefde en die versorging kry wat hy nodig het.”
Die herstel van Israel
5Die Here sê: “Ek sal die siekte wat jy gehad het, gesond maak. Ek sal genesing bring. Jy sal nie weer wil wegloop van My af nie. Ek sal jou vreeslik liefhê. Ek sal glad nie meer vir jou kwaad wees nie.
6“Ek sal vir Israel wees soos die dou wat ’n lelie laat blom. Sy wortels sal hom so stewig anker soos die bome teen die Libanonberg geanker is. 7Sy takke sal so welig uitgroei soos die takke van ’n mooi olyfboom. Hy sal so lekker ruik soos die plante teen die Libanonberg. 8Hulle sal weer onder die skaduwee van my takke kom bly. Hulle sal vooruitgaan soos graan wat op die land staan en wieg in die wind. Hulle sal uitloop en groei soos wingerdranke. Hulle sal weer ’n goeie naam hê soos die beroemde naam van die Libanonwyn. 9Efraim, jy het niks verder met afgode te make nie. Ek het jou klaar gestraf. Ek het jou nou weer teruggevat om vir jou te sorg. Ek is vir jou soos ’n boom wat altyd blare het en altyd vrugte dra. By My sal daar altyd vir jou vrugte wees.”
Laaste woord
10Die een wat verstand het, sal verstaan wat hierdie woorde beteken.
Iemand wat sake begryp, sal snap waarop hulle dui.
Die pad wat die Here loop, is ’n reguit pad.
Mense wat opreg is, volg dieselfde pad.
Mense wat niks van die Here wil weet nie, verdwaal op daardie pad.

Currently Selected:

Hosea 14: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy