YouVersion Logo
Search Icon

Ester 6

6
Die koning vereer Mordegai
1Daardie selfde nag het die koning gesukkel om aan die slaap te raak. Hy laat haal toe die geskiedenisboeke wat alles oor sy koninkryk vertel en alles wat hy al gedoen het, en laat sy personeel dit vir hom voorlees. 2Toevallig lees hulle toe vir hom die gedeelte waar Mordegai te hore gekom het van die komplot van Bigtan en Teres, die twee paleisamptenare wat beplan het om koning Ahasveros dood te maak. 3“Het ons Mordegai ooit hiervoor beloon of aan hom eer bewys?” wou die koning weet.
“Nee,” het sy kamerpersoneel geantwoord. “Hy het niks gekry nie.”
4“Wie is daar in die voorportaal?” wou die koning weet. Want op daardie oomblik het Haman in die voorportaal van die paleis aangekom om vir die koning te kom vra om Mordegai aan die galg, wat hy klaar gebou het, te laat ophang.
5“Dis Haman wat daar staan,” sê die paleisamptenare toe.
“Nou laat hom inkom” sê die koning.
6Nadat Haman ingekom het, vra die koning vir hom: “Daar is iemand wat ek wil vereer. Wat moet ek vir hierdie man doen?”
Haman dink toe so by homself: “Aan wie anders as aan my sou die koning eer wou bewys?” 7-8Daarom sê hy toe: “Laat hulle vir hom ’n koninklike kleed bring soos dié wat die koning dra en ’n perd waarop die koning self al gery het met die koninklike embleem op sy kop. 9Kry dan een van u hoogste amptenare om die kleed vir hom om te hang en hom op die perd oor die stadsplein te lei. So ver hulle gaan, moet hy dan uitroep: So lyk dit as die koning aan iemand eer bewys!”
10Toe sê die koning vir Haman: “Vat dadelik die kleed en die perd en gaan gee dit vir Mordegai, die Jood wat daar by die hek van die paleis sit. Jy moet alles doen wat jy voorgestel het.”
11Haman het toe die kleed en die perd gevat, die kleed om Mordegai gehang, hom op die perd laat klim en hom toe oor die stadsplein gelei. So ver hulle gegaan het, het hy uitgeroep: “So lyk dit as die koning aan iemand eer bewys!”
12Daarna het Mordegai teruggegaan na die paleishek toe. Haman is egter hoogs ontsteld en vernederd terug na sy eie huis. 13Daar het hy vir sy vrou, Seres, en sy vriende alles vertel wat met hom gebeur het. Toe het sy en sy raadgewers vir hom gesê: “Aangesien Mordegai, die man wat jou verneder het, ’n Jood is, sal jou planne teen hom nie slaag nie. Hy gaan beslis jou ondergang beteken.”
14Hulle was nog besig om te praat toe die paleisbeamptes haastig inkom om Haman te kom haal vir Ester se ete.

Currently Selected:

Ester 6: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy