YouVersion Logo
Search Icon

OPENBARING 8

8
Die sewende seël word oopgemaak. Sewe engele met sewe basuine. Die eerste vier basuine.
1EN toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent 'n halfuur lank.
2En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine is aan hulle gegee.
3En 'n ander engel het gekom en met 'n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê;
4en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.
5En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.
6En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.
7En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En 'n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.
8En die tweede engel het geblaas, en iets soos 'n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En 'n derde van die see het bloed geword,
9en 'n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en 'n derde van die skepe het vergaan.
10En die derde engel het geblaas, en 'n groot ster wat soos 'n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op 'n derde van die riviere en op die waterfonteine.
11En die naam van die ster word genoem Alsem; en 'n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.
12En die vierde engel het geblaas, en 'n derde van die son is getref en 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre, sodat 'n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.
13En ek het gesien en gehoor 'n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met 'n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!

Currently Selected:

OPENBARING 8: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy