YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 33

33
Loflied op die almag en genade van God.
1 o REGVERDIGES, jubel in die Here! 'n Loflied betaam die opregtes.
2Loof die Here met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.
3Sing tot sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.
4Want die woord van die Here is reg, en al sy werk is met trou.
5 Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die Here.
6 Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
7Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.
8Laat die hele aarde vir die Here vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;
9want Hý het gespreek, en dit was; Hý het gebied, en dit staan.
10Die Here vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.
11Die raad van die Here bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
12Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
13Die Here kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
14Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
15Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
16 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie.
17 Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.
18Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;
19om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
20Ons siel wag op die Here; Hy is ons hulp en ons skild;
21want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.
22Laat u goedertierenheid, Here, oor ons wees net soos ons op U wag!

Currently Selected:

PSALMS 33: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy