YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 32

32
Die seën van skuldvergifnis.
1 'n PSALM van Dawid; 'n onderwysing.
Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.
2Welgeluksalig is die mens aan wie die Here die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
3Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;
4want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.
5 My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
6Daarom sal elke vrome U aanbid in 'n tyd as U te vinde is; ja, by 'n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie.
7U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.
8Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
9Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.
10 Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die Here vertrou — met goedertierenheid sal Hy hom omring.
11Wees bly in die Here en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!

Currently Selected:

PSALMS 32: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy