YouVersion Logo
Search Icon

JOSUA 15

15
Beskrywing van Juda se erfdeel.
1EN vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide;
2en hulle suidelike lyn was van die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek;
3en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barnéa en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe;
4dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees.
5En die oostelike lyn: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af
6loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Áraba; dan loop die lyn op na die klip van Bohan, die seun van Ruben.
7Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adúmmim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel.
8Verder loop die lyn op na die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voor die dal Hinnom lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refáim is.
9Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftóag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na Báäla, dit is Kirjat-Jeárim.
10Dan swaai die lyn van Báäla af weg in westelike rigting na die gebergte Seïr en loop oor na die noordelike hang van die berg Jeárim, dit is Késalon, en loop af na Bet-Semes en loop oor na Timna.
11Verder loop die lyn aan noord na die hang van Ekron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg Báäla en loop aan na Jábneël, sodat die lyn doodloop by die see.
12Die westelike grens was die Groot See saam met sy gebied; dit is die lyn rondom van die kinders van Juda volgens hulle geslagte.
13 Maar aan Kaleb, die seun van Jefúnne, het hy 'n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens die bevel van die Here aan Josua: die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron.
14En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ahíman en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe.
15En daarvandaan het hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer;
16 en Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.
17Daarop het Ótniël, die seun van Kenas, die broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.
18En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?
19En sy sê: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.
20Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte.
21En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: Kábseël en Eder en Jagur,
22en Kina en Dimóna en Adáda,
23en Kedes en Hasor en Jitnan,
24Sif en Telem en Béalot,
25en Hasor-Hadátta en Kériot-Hesron, dit is Hasor;
26Amam en Sema en Mólada,
27en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet,
28en Hasar-Sual en Beër-Seba en Bisjótja,
29Báäla en Ijjim en Esem,
30en Éltolad en Kesil en Horma,
31en Siklag en Madmánna en Sansánna,
32en Lebáot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam negen-en-twintig, met hulle dorpe;
33in die Laeveld: Estáol en Sórea en Asna,
34en Sanóag en En-Gannim, Tappúag en Enam,
35Jarmut en Adúllam, Sogo en Aséka,
36en Saäráim en Adítaim en Gedéra en Gedérotaim: veertien stede met hulle dorpe;
37Senan en Hadása en Migdal-Gad,
38en Dilean en Mispe en Jókteël,
39Lagis en Boskat en Eglon,
40en Kabbon en Lagmas en Kitlis,
41en Géderot, Bet-Dagon en Náäma en Makkéda: sestien stede met hulle dorpe;
42Libna en Eter en Asan,
43en Jiftag en Asna en Nesib,
44en Kehíla en Agsib en Marésa: nege stede met hulle dorpe;
45Ekron met sy onderhorige plekke en sy dorpe;
46van Ekron af en na die weste toe, alles wat aan die kant van Asdod lê, met hulle dorpe;
47Asdod, sy onderhorige plekke en sy dorpe; Gasa, sy onderhorige plekke en sy dorpe, tot by die spruit van Egipte en die Groot See saam met sy gebied;
48en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo,
49en Danna en Kirjat-Sanna, dit is Debir,
50en Anab en Estémo en Anim,
51en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle dorpe;
52Arab en Duma en Esean,
53en Janum en Bet-Tappúag en Aféka,
54en Humta en Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe;
55Maon, Karmel en Sif en Jutta,
56en Jísreël en Jókdeam en Sanóag,
57Kain, Gíbea en Timna: tien stede met hulle dorpe;
58Halhul, Bet-Sur en Gedor,
59en Máärat en Bet-Anot en Éltekon: ses stede met hulle dorpe;
60Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, en Rabba: twee stede met hulle dorpe;
61in die woestyn: Bet-Áraba, Middin en Segága,
62en Nibsan en die Soutstad en Éngedi: ses stede met hulle dorpe.
63 Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe.

Currently Selected:

JOSUA 15: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy