YouVersion Logo
Search Icon

HEBREËRS 5

5
1 WANT elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring
2 as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.
3En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.
4En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron.
5So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hý het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
6Soos Hy ook op 'n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
7Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs —
8Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;
9en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword
10en is deur God genoem 'n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;
11waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.
12Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.
13Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy 'n kind is.
14Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Currently Selected:

HEBREËRS 5: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy