YouVersion Logo
Search Icon

SAGARÍA 2

2
Derde gesig: Jerusalem met 'n meetsnoer gemeet.
1EN ek het my oë opgehef en gekyk — daar was 'n man met 'n meetsnoer in sy hand.
2Toe sê ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is.
3En meteens kom die engel wat met my gespreek het, vorentoe; en 'n ander engel het te voorskyn gekom, hom tegemoet,
4aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos 'n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in.
5En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, 'n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.
6Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die Here! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die Here.
7Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!
8Want so sê die Here van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sý oogappel aan.
9Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle 'n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die Here van die leërskare my gestuur het.
10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die Here.
11En baie nasies sal hulle in dié dag by die Here aansluit, en hulle sal My tot 'n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die Here van die leërskare my na jou gestuur het.
12En die Here sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.
13 Swyg alle vlees voor die Here! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.

Currently Selected:

SAGARÍA 2: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy