YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 94

94
Triomf van die reg.
1GOD van wraak, o Here, God van wraak, verskyn in ligglans!
2Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
3 Hoe lank sal die goddelose, o Here, hoe lank sal die goddelose jubel?
4Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd — al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
5 o Here, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.
6Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
7 en sê: Die Here sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
8Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?
9Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?
10Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie — Hy wat die mens kennis leer?
11 Die Here ken die gedagtes van die mense — dat hulle nietigheid is.
12Welgeluksalig is die man, o Here, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
13om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
14Want die Here sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
15want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.
16Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?
17 As die Here vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
18As ek dink: My voet wankel — dan ondersteun u goedertierenheid my, o Here!
19As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
20Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?
21Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
22Maar die Here is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.
23En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die Here onse God verdelg hulle.

Currently Selected:

PSALMS 94: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy