YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 48

48
Sion die stad van die groot Koning.
1 'n LIED. 'n Psalm van die kinders van Korag.
2Die Here is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
3 Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
4God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.
5Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
6Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
7 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.
8 Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.
9Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die Here van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
10 o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.
11Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.
12Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.
13Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;
14let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,
15dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.

Currently Selected:

PSALMS 48: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy