YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 45

45
Bruilofslied vir die Messías.
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Lelies.” Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.
2My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.
3U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.
4 Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;
5ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
6U pyle is skerp (volke val onder U!); hulle tref in die hart van die Koning se vyande.
7 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.
8 U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
9Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
10Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
11Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;
12en as die Koning u skoonheid begeer — want Hy is u Heer — buig u dan voor Hom neer.
13En, o dogter van Tirus — met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.
14Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
15 In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
16Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
17In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land.
18U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.

Currently Selected:

PSALMS 45: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy