YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 139

139
Die goddelike alwetendheid.
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
Here, U deurgrond en ken my.
2U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.
3U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.
4Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, Here, U ken dit geheel en al.
5U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
6Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.
7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?
8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
9Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,
10ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
11En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,
12dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.
13Want Ú het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
14Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.
15My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
16U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
17Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!
18Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.
19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!
20Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef — u teëstanders!
21 Here, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?
22Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!
23Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
24en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Currently Selected:

PSALMS 139: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy