YouVersion Logo
Search Icon

GÉNESIS 8

8
Noag gaan uit die ark.
1EN God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het 'n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
2 Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.
3Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd-en-vyftig dae.
4En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Árarat gerus.
5En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.
6Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,
7en 'n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.
8Daarop laat hy 'n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het.
9Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.
10Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.
11En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was 'n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.
12Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.
13In die seshonderd-en-eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog —
14in die tweede maand, op die sewen-en-twintigste dag van die maand, was die aarde droog.
15En God het met Noag gespreek en gesê:
16Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.
17Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.
18Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.
19Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.
20En Noag het vir die Here 'n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
21En die Here het die lieflike geur geruik, en die Here het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
22Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.

Currently Selected:

GÉNESIS 8: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy