YouVersion Logo
Search Icon

GALÁSIËRS 4

4
Die evangelie maak vry van die wet.
1MAAR ek sê: So lank as die erfgenaam 'n kind is, verskil hy niks van 'n dienskneg nie, al is hy heer van alles;
2maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.
3So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld.
4Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet,
5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
6En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
7Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
8Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie;
9maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?
10Julle neem dae en maande en tye en jare waar.
11Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.
12Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie;
13maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het;
14en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as 'n engel van God, ja, as Christus Jesus.
15Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het.
16Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?
17Hulle ywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer.
18Dit is goed as daar altyd geywer word in 'n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie,
19 my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle 'n gestalte verkry.
Sara en Hagar, voorbeelde van die twee verbonde.
20EN ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle.
21Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?
22Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.
23Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.
24Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar — dit is Hagar;
25want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.
26Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.
27Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat 'n man het.
28Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte;
29maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.
30Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.
31Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.

Currently Selected:

GALÁSIËRS 4: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy