YouVersion Logo
Search Icon

ESÉGIËL 2

2
Roeping van Eségiël.
1EN Hy het vir my gesê: Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.
2 En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het.
3Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.
4En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here Here!
5Maar of hulle nou al luister of nie — want hulle is 'n wederstrewige huis — hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het.
6En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is 'n wederstrewige huis.
7 Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.
8Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee.
9Toe kyk ek, en daar was 'n hand na my toe uitgesteek, en daarin 'n boekrol!
10En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee.

Currently Selected:

ESÉGIËL 2: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy