I SAMUEL 20
AFR53
20
Die verbond tussen Dawid en Jónatan.
1TOE het Dawid gevlug uit Najot by Rama, en hy het by Jónatan gekom en gevra: Wat het ek gedoen? Wat is my misdaad, en wat is my sonde voor jou vader, dat hy my lewe soek?
2Maar hy sê vir hom: Volstrek nie! Jy sal nie sterwe nie. Kyk, my vader doen geen ding, klein of groot, sonder om dit aan my te openbaar nie; waarom sou my vader dan hierdie saak vir my wegsteek? Dit is nie so nie.
3Toe sweer Dawid verder en sê: Jou vader weet baie goed #Rut 2:2,10dat ek guns in jou oë gevind het; daarom het hy gedink: Laat Jónatan dit nie weet nie, anders word hy bedroef. Maar #I Sam. 25:26; Rut 3:13so waar as die Here leef #I Sam. 1:26en jou siel leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood!
4En Jónatan het Dawid geantwoord: Wat jy begeer, sal ek vir jou doen.
5Toe sê Dawid vir Jónatan: Kyk, môre is dit #Núm. 28:11nuwemaan, en ek moet sekerlik met die koning saam aansit om te eet; maar laat my gaan, #I Sam. 19:2,3dat ek my wegsteek in die veld tot oormôre-aand.
6As jou vader my inderdaad mis, moet jy sê: Dawid het my dringend verlof gevra om gou #I Sam. 16:4na sy stad Betlehem te loop, want daar is die #Vgl. Rigt. 11:40jaarlikse offer vir die hele geslag.
7As hy so sê: Goed! dan is jou dienaar veilig; maar as hy baie kwaad word, weet dan dat die onheil van sy kant vas besluit is.
8Bewys dan guns aan jou dienaar, #Vers 16,42; I Sam. 18:3; 23:18; II Sam. 21:7want jy het jou dienaar met jou saam in 'n verbond van die Here gebring. #II Sam. 14:32Maar as daar by my 'n misdaad is, maak jy my dan self dood — waarom tog sou jy my na jou vader bring?
9Toe sê Jónatan: Moenie so dink nie! Want as ek sekerlik bemerk dat die onheil van my vader se kant vas besluit is om oor jou te kom, sou ek jou dit dan nie te kenne gee nie?
10En Dawid het Jónatan gevra: Wie sal my dit te kenne gee of jou vader jou miskien 'n harde antwoord gee?
11En Jónatan sê vir Dawid: Kom, laat ons uitgaan die veld in. En hulle twee het die veld ingegaan.
12Daarop sê Jónatan vir Dawid: Die Here, die God van Israel, is getuie dat ek my vader môre of oormôre op hierdie tyd sal uitvra; en as dit gunstig is vir Dawid, sal ek dan nie na jou stuur en jou dit openbaar nie?
13 # Rut 1:17 Mag die Here so aan Jónatan doen en so daaraan toedoen: as my vader goedvind om onheil oor jou te bring, dan sal ek jou dit openbaar en jou laat gaan, dat jy veilig kan wegkom; en #Jos. 1:5,17; I Sam. 17:37; I Kon. 1:37; I Kron. 22:11,16mag die Here met jou wees soos Hy met my vader gewees het.
14En sal jy my nie, as ek dan nog lewe, die guns van die Here bewys nie, sodat ek nie sterwe nie?
15 # II Sam. 9:1,3,7; 21:7 Jy sal ook nimmer aan my huis jou guns onttrek nie; wanneer die Here die vyande van Dawid, een vir een, van die aarde af uitroei nie.
16So het Jónatan dan 'n verbond gesluit met die huis van Dawid. #Jos. 22:23; vgl. I Sam. 25:22En die Here het dit geëis van die hand van Dawid se vyande.
17En Jónatan het Dawid weer laat sweer by sy liefde vir hom; #I Sam. 18:1want hy het hom liefgehad met die liefde van sy siel.
18Verder het Jónatan vir hom gesê: #Vers 5Môre is dit nuwemaan, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees.
19Maar oormôre moet jy sekerlik afkom en gaan na #I Sam. 19:2die plek waar jy jou op die werkdag weggesteek het, en jy moet langs die klip Esel gaan sit.
20Dan sal ek drie pyle aan die kant daarvan skiet asof ek na 'n teiken skiet.
21En kyk, ek sal die dienaar stuur en sê: Gaan soek die pyle! As ek uitdruklik aan die dienaar sê: Daar is die pyle, van jou af duskant toe, bring dit — dan kan jy maar kom; want jy is veilig en daar is niks nie, so waar as die Here leef!
22Maar as ek só aan die jongman sê: Daar lê die pyle van jou af, verder — gaan dan weg, want die Here stuur jou weg.
23En wat #Vers 14,15die saak aangaan wat ons bespreek het, ek en jy — kyk, die Here is tussen my en jou tot in ewigheid.
24Daarop het Dawid hom in die veld weggesteek. En toe dit nuwemaan was, gaan die koning aan die maaltyd sit om te eet —
25die koning het op sy sitplek gaan sit soos die vorige kere, op die sitplek teen die muur; en Jónatan het opgestaan, en Abner het langs Saul gesit, maar Dawid se plek was leeg.
26En Saul het dié dag niks gepraat nie, want hy het gedink: Daar het iets met hom gebeur dat #Lev. 7:21; 11:24-28; 15:4,5 ens.hy nie rein is nie; waarlik, hy is nie rein nie.
27Maar toe op die volgende, die tweede dag na die nuwemaan, Dawid se plek leeg was, sê Saul vir sy seun Jónatan: Waarom kom die seun van Ísai gister sowel as vandag nie na die maaltyd nie?
28En Jónatan het Saul geantwoord: #Vers 6Dawid het my dringend verlof gevra na Betlehem toe
29en gesê: Laat my tog gaan, want ons het 'n familie-offer in die stad, en my broer self het my laat roep. As ek dan nou guns in jou oë gevind het, laat my tog heengaan om my broers te besoek. Daarom het hy nie aan die koning se tafel gekom nie.
30Toe ontvlam die toorn van Saul teen Jónatan, en hy sê vir hom: Jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie dat jy die seun van Ísai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se naaktheid nie?
31Want al die dae dat die seun van Ísai op die aarde lewe, sal jy en jou koningskap nie bevestig word nie; stuur dan nou en bring hom na my, want hy moet sterwe.
32En Jónatan het sy vader Saul geantwoord en vir hom gesê: #I Sam. 19:5Waarom moet hy gedood word, wat het hy gedoen?
33Daarop #I Sam. 18:11; 19:10gooi Saul die spies na hom om hom te tref. Toe Jónatan dan merk dat #Vers 7dit van sy vader se kant vas besluit was om Dawid dood te maak,
34staan Jónatan op van die tafel in gloeiende toorn, en hy het geen brood geëet op die tweede dag van die nuwemaan nie, want hy was bedroef oor Dawid, omdat sy vader hom smadelik bejeën het.
35Die volgende môre gaan Jónatan, volgens afspraak met Dawid, na die veld toe uit, en 'n jong dienaar met hom saam.
36En hy sê aan die dienaar: Loop soek tog die pyle wat ek afskiet. En terwyl die dienaar loop, skiet hy 'n pyl dwarsoor hom heen.
37Toe die dienaar dan by die plek kom waar Jónatan die pyl geskiet het, roep Jónatan die dienaar agterna en sê: #Vers 22Lê die pyl nie van jou af, verder nie?
38En Jónatan roep die dienaar agterna: Maak gou, hardloop, moenie bly staan nie. En die dienaar van Jónatan het die pyl opgetel en by sy heer gekom.
39Maar die dienaar het van niks geweet nie: net Jónatan en Dawid het van die saak geweet.
40Toe gee Jónatan sy wapens aan die dienaar wat by hom was, en sê vir hom: Gaan, bring dit na die stad.
41Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid op van die suidekant en val met sy aangesig op die aarde en buig drie maal; daarna het hulle mekaar gesoen en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik het.
42En Jónatan sê vir Dawid: #Vers 13Gaan in vrede, omdat ons twee in die Naam van die Here gesweer en gesê het: Die Here sal tussen my en jou wees, en tussen my nageslag en jou nageslag vir altyd.
43Daarna het hy opgestaan en weggegaan, maar #I Sam. 23:16Jónatan het die stad in geloop.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More About Afrikaans 1933/1953