YouVersion Logo
Search Icon

Z'kharyah 5

5
1Toe het ek weer my oë opgelig en gekyk en let op, daar is ’n vlieënde boekrol.
2Hy het vir my gesê: “Wat sien jy?” Ek het geantwoord: “Ek sien ’n vlieënde boekrol; sy lengte is twintig el en sy breedte tien el.”
3Toe sê hy vir my: “Hierdie is die vloek wat uitgaan oor die oppervlak van die hele land; elkeen wat steel sal sekerlik uitgesuiwer word volgens die skrywe aan die een kant en elkeen wat vloek sal uitgesuiwer word volgens die skrywe aan die ander kant.
4Ek sal dit laat uitgaan,” verklaar יהוה-Tzva’ot, “en dit sal in die huis van die dief ingaan en in die huis van hom wat vals sweer in My Naam (Karakter en Outoriteit) en dit sal die nag binne-in daardie huis deurbring en dit verteer saam met sy balke en klippe.”
5Toe het die boodskapper wat met my gepraat het uitgegaan en vir my gesê: “Lig nou jou oë op en kyk wat hierdie is wat uitgaan.”
6Ek het gesê: “Wat is dit?” Hy antwoord: “Dit is die maatstaf wat uitgaan en in dit is die skuld van die hele land”
7Let op, 'n talent lood is opgelig en 'n vrou wat by die maatstaf sit.
8Toe het hy gesê: “Hierdie is Boosheid!” Hy het haar binne-in die maatstaf gegooi en die looddeksel op die opening gegooi.
9Toe het ek my oë opgelig en gekyk en daar het twee vroue uitgekom met die wind in hulle vlerke en hulle het vlerke gehad soos die vlerke van ’n ooievaar en hulle het die efa opgelig tussen die aarde en die hemele.
10Ek het vir die boodskapper wat met my gepraat het, gesê: “Waarheen bring hulle die maatstaf?”
11Toe antwoord hy my: “Om vir haar ’n tempel te bou in die land van Shin’ar en wanneer dit voorberei is, sal sy daar op haar eie troontjie gesit word.”

Currently Selected:

Z'kharyah 5: SPC

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in