YouVersion Logo
Search Icon

Mal'akhi 4

4
13.19 “want let op, die dag kom, brandend soos ’n oond en al die arrogantes en elke boosdoener sal kaf wees en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek,” sê יהוה-Tzva’ot, “sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlos nie,
23.20 maar vir julle wat My Naam (Karakter en Outoriteit) respekvol vrees, sal die Dienskneg van onpartydige opregtheid opgaan met genesing in Sy vlerke en julle sal uitgaan en rondhuppel soos kalwers uit die stal. Yes 53:4,5,10; Mat 8:14-17; 1 Kefa 2:24
33.21 Julle sal die bose vertrap, want hulle sal as wees onder julle voetsole op die dag wat Ek voorberei,” sê יהוה-Tzva’ot.
43.22 “Onthou die wet van Mosheh, My dienskneg, die opdragte en regverdige oordele wat Ek hom beveel het op Horev vir die hele Yisra’el.
53.23 Let op, Ek gaan vir julle die profeet Eliyahu stuur voor die koms van die groot en verskriklike dag van יהוה. Mat 11:14; 17:12; Mar 9:13; Luk 1:17
63.24 Hy sal die verstand, wil en emosie van die vaders herstel tot die seuns en die verstand, wil en emosie van die seuns tot hulle vaders sodat Ek nie sal kom en die land met ’n vloek tref nie. Mat 11:14; 17:10-13; Luk 1:17</book>

Currently Selected:

Mal'akhi 4: SPC

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in