Yesha'yahu 53
53
1My meester, wie het ons boodskap vertrou? Aan wie is die arm van יהוה openbaar? Yog 12:38; Rom 10:16
2Hy het voor Hom opgegroei soos ’n jong loot en soos ’n wortel uit verskroeide grond. Hy het geen gestalte of majesteit gehad dat ons na Hom sou kyk nie en ook geen voorkoms sodat ons tot Hom aangetrokke sou wees nie.
3Hy is verag en deur die mense in die steek gelaat, ’n Man van smarte en bekend met droefheid en is verag soos een vir wie mense hulle gesig wegsteek en ons het Hom nie geag nie.
4Sekerlik het Hy óns siektes en óns benoudhede gedra; tog het óns Hom beskou as een wat aangetas is, deur God geslaan en onderdruk, Mat 8:14-17
5maar Hy is deurboor vir ons oortredinge van die wet, Hy is vergruis vir ons onregverdighede; die tugtiging was op Hom sodat dit goed kan gaan met ons en deur Sy kastyding is ons genees. Mal 4:1-2; 1 Kefa 2:24; Rom 4:25; 1 Kor 15:3
6Ons almal het afgedwaal soos skape, ons het elkeen na sy eie pad gedraai, maar יהוה het die onregverdigheid van ons almal op Hom laat val.
7Hy was onderdruk en geteister, tog het Hy nie Sy mond oopgemaak nie; soos ’n lam wat na die slagting gelei word en soos ’n skaap wat stil is voor sy skeerders, so het Hy nie Sy mond oopgemaak nie. Mat 26:63; 27:12,14; Open 5:6
8Hy is uit die tronk en die oordeel weggevat en wie kan Sy angs beskryf? Hy is afgesny uit die land van die lewendes, vir die wetsoortreding van My volk, vir wie die straf was. Hand 8:33
9Sy graf is toegeken by wetsoortreders, 1 Kor 15:3,4 alhoewel Hy geen geweld gepleeg het nie; tog was Hy by ’n ryk man in Sy dood; Mat 27:57,60; 1 Kefa 2:22; 1 Yog 3:5 ook was daar geen bedrog in Sy mond nie,
10maar dit het יהוה behaag om Hom te vergruis, Hom te laat ly; Hy het Homself as ’n Oortredingsoffer gemaak sodat ewigheid dit sal sien; Hy sal Sy dae verleng en die goeie wil van יהוה sal deur Sy hand voorspoedig wees. Yog 12:24; 1 Kor 15:36-44
11Hy sal die beloning van die angs van Sy lewe sien en tevrede wees deur Sy kennis; Hy sal die regverdige onskuldig verklaar, want Hy is ’n Dienskneg van baie en Hy sal hulle oortredinge dra. Heb 2:10
12Ek sal daarom vir Hom ’n deel gee onder die grotes en met die sterkes sal Hy die buit verdeel omdat Hy Homself uitgestort het tot die dood en saam met die wetteloses getel is; tog het Hy die sonde van baie gedra en vir die wetsoortreders ingetree. Ps 50:5; Mar 15:28; Luk 22:37; Heb 2:17; 9:28; 1 Kefa 2:24
Currently Selected:
Yesha'yahu 53: SPC
Highlight
Copy
Compare
Share
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.