YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 13:1-6

Psalms 13:1-6 AFR20

Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. Hoe lank nog, HERE? Gaan U my vir altyd vergeet? Hoe lank nog gaan U u gesig vir my verberg? Hoe lank nog moet ek kwellinge in my binneste dra, elke dag kommer in my hart? Hoe lank nog gaan my vyand die oorhand oor my hê? Sien dit tog raak, antwoord my, HERE, my God! Verlig tog my oë, anders sink ek in 'n doodslaap weg, anders sê my vyand, “Ek het hom oorweldig,” anders juig my teenstanders omdat ek tot 'n val gebring word. Maar ek – op u troue liefde vertrou ek; my hart wil juig oor u verlossing. Ek wil vir die HERE sing, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Related Videos