Deuteronomium 8:7-9
Deuteronomium 8:7-9 AFR20
want die Here jou God gaan jou in 'n goeie land bring: 'n land met waterryke dale, fonteine en ondergrondse water wat in die valleie en op die berge uitvloei; 'n land met koring en gars, met wingerde, vyebome en granaatboorde, 'n land met olieryke olywe en heuning; 'n land waar jy nie in armoede brood sal eet nie, ja, waar jy geen gebrek sal hê nie; 'n land waar die klippe ystererts is en waar jy kopererts in die berge myn.



![[How Firm a Foundation] Creation Deuteronomium 8:7-9 Die Bybel 2020-vertaling](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53360%2F1440x810.jpg&w=3840&q=75)

