YouVersion Logo
Search Icon

Jesaja 38

38
Hiskia word baie siek, en die Here maak hom gesond
(Kyk ook 2 Kon 20:1-6; 2 Kron 32:24)
1Koning Hiskia het in daardie tyd baie siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en vir hom gesê: “Jy moet vir jou familie sê wat jy wil hê hulle moet doen, want jy sal sterf, jy sal nie gesond word nie.”
2Hiskia het sy gesig na die muur gedraai en hy het tot die Here gebid. 3Hy het gesê: “Ag, Here, dink asseblief daaraan dat ek gehoorsaam was aan U met my hele hart en dat ek altyd gedoen het wat U wil hê.”
Hiskia het hard gehuil. 4Die Here het met Jesaja gepraat 5en Hy het gesê Jesaja moet vir Hiskia gaan sê: “Ek, die God van jou voorvader Dawid, sê: Ek het jou gebed gehoor en Ek het jou trane gesien. Ek sal jou nog 15 jaar laat lewe. 6Ek sal jou en hierdie stad red van die koning van Assirië. 7En dít sal vir jou die teken wees dat Ek sal doen wat Ek gesê het: 8Die son is al klaar laag, en die skaduwee op die trappe van die sonwyser van Agas wys dat dit laat is, maar Ek sal die skaduwee tien trappe laat teruggaan.”
Die skaduwee het tien trappe teruggegaan en dit het gewys dat die son weer hoog in die lug is.
Hiskia skryf 'n lied
9Koning Hiskia van Juda was siek en hy het weer gesond geword. Hy het toe 'n lied geskryf. Hy het gesê:
10Ek het gedink ek sal nog
jonk wees wanneer ek sterf,
ek sal na die doderyk moet gaan
voordat ek oud geword het.
11Ek het gedink ek sal die Here
nie weer sien nie,
hier waar die mense woon
wat lewe.
Ek het gedink ek sal nooit weer
'n mens sien nie,
hier in die wêreld
waar die mense woon.
12Die Here het my
afgebreek en Hy het my gebêre
soos 'n skaapwagter sy tent
afslaan en bêre.
Hy het my lewe afgesny en opgerol
soos 'n stukkie garing.
Hy gooi my heeltemal weg,
elke dag en nag.
13Soos wanneer 'n leeu 'n bok vang
en sy bene stukkend kou,
so breek Hy my.
Die Here gooi my heeltemal weg,
elke dag en nag.
14Ek sug en kla
soos 'n voëltjie, soos 'n duif.
Ek het opgekyk na die hemel
totdat my oë klein geword het.
Here, dit gaan sleg met my,
help my asseblief!
15Wat moet ek sê?
Dit is die Here
wat dit gedoen het.
Moet ek my hele lewe
lank swaarkry?
16Here, U laat mense lewe
en U sal my saam met hulle
laat lewe.
U sal my weer sterk laat word
en U sal my laat aanhou lewe.
17Nou weet ek, dit was vir my goed
dat dit so sleg gegaan het met my.
U is lief vir my,
U het my nie laat sterf nie,
ja, U het al my sondes vergewe.
18U het dit gedoen,
want mense wat dood is,
kan U nie loof en prys nie.
Hulle kan nie aanhou hoop
dat U sal doen wat U belowe het nie.
19Net iemand wat lewe, kan U prys,
soos ek vandag doen.
'n Pa kan vir sy kinders vertel
dat U doen wat U belowe het.
20Here, U red my.
Ons sal in die tempel op ons liere speel
so lank ons lewe.
21Jesaja het toe gesê hulle moet 'n pleister van vye maak en hulle moet dit op die koning se seerplek sit, sodat die koning gesond kan word. 22Hiskia het gevra hoe hy sal weet wanneer hy weer na die tempel kan gaan.

Currently Selected:

Jesaja 38: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy