YouVersion Logo
Search Icon

Esegiël 34

34
Dit sal sleg gaan met die herders van Israel, hulle sorg net vir hulleself
1Ek het gehoor die Here sê vir my: 2“Mens, jy moet my boodskap bring vir die herders van Israel. Jy moet my boodskap bring en vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Dit sal sleg gaan met die herders van Israel, hulle sorg net vir hulleself. Herders moet sorg vir die skape en bokke, 3maar julle eet die skape en bokke se vet vleis, julle maak vir julle klere van hulle wol, julle slag die vetste skape en bokke, maar julle sorg nie vir hulle nie. 4Julle het nie die swak skape en bokke gehelp om weer sterk te word nie, julle het nie die siek skape en bokke gedokter nie, julle het nie die skape en bokke wat seergekry het, se seerplekke toegedraai nie, julle het nie die skape en bokke wat verdwaal het, teruggebring nie, julle het nie die skape en bokke wat weggeraak het, gesoek nie. Nee, julle het hard en wreed oor hulle regeer. 5Vyande het hulle na al die kante toe gejaag, want daar was nie 'n herder nie. Vyande het hulle gejaag, hulle was oral, en die wilde diere het hulle opgevreet. 6My skape en bokke het rondgeswerf op al die berge en op elke hoë heuwel. Vyande het hulle gejaag, hulle was oral, en niemand het hulle gesoek of gevra waar hulle is nie.”
7Daarom, herders, julle moet hoor wat sê die Here. 8Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal die herders straf. Dit is seker, so seker soos Ek lewe. Vyande het my skape en bokke vir hulleself gevat, wilde diere het my skape en bokke opgevreet, want daar was nie 'n herder nie. My herders het nie my skape en bokke gesoek nie. Die herders het net vir hulleself gesorg, hulle het nie gesorg vir my skape en bokke nie.”
9Daarom, herders, julle moet hoor wat sê die Here. 10Die Here, Hy wat Here is, sê: “Nou sal Ek die herders se vyand wees. Ek sal my skape en bokke wegvat van die herders, hulle sal nie meer herders wees en net vir hulleself sorg nie. Ek sal my skape en bokke red sodat die herders hulle nie meer kan op-eet nie.”
Die Here sal self sy skape en bokke se herder wees
11Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Nou sal Ek self my skape en bokke soek en vir hulle sorg. 12'n Herder soek die skape en bokke wat wegraak uit sy trop. So sal Ek my skape en bokke soek en Ek sal hulle red uit al die plekke waarnatoe hulle moes gaan daardie dag toe die donker wolke gekom het. 13Ek sal hulle uitbring tussen die volke, Ek sal hulle bymekaarmaak uit die ander lande, en Ek sal hulle na hulle eie land bring. Hulle sal wei op die berge van Israel, langs die waterstrome en oral waar daar mense kan woon. 14Ek sal my skape en bokke laat wei op goeie weiveld. Die hoë berge van Israel sal hulle weiveld wees. My skape en bokke sal wei op die vrugbare weiveld op die berge van Israel. 15Ek sal self my skape en bokke se herder wees, en Ek sal hulle laat lê en rus nadat hulle genoeg geëet het.”
Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
16“Ek sal die skape en bokke soek wat weggeraak het. Ek sal die skape en bokke terugbring wat oral rondloop. Ek sal hulle seerplekke toedraai, Ek sal die swak skape en bokke weer sterk laat word, maar Ek sal die vet en die sterk skape en bokke doodmaak. Ek sal reg oordeel wanneer Ek self hulle herder is.”
Die Here sal oordeel tussen die vet en die maer skape
17Die Here, Hy wat Here is, sê: “En julle, my eie trop skape en bokke, Ek sal nou die regter wees tussen die verskillende skape en tussen die skaap-ramme en bok-ramme. 18Julle het op goeie weiveld gewei, maar julle was nie tevrede nie, julle het die weiveld plat getrap wat oorgebly het. Julle het skoon water gedrink en julle het die water vuil gemaak wat oorgebly het. 19My skape en bokke moes wei op die weiveld wat julle plat getrap het, hulle moes die water drink wat julle vuil gemaak het.”
20Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daarom sal Ek self oordeel tussen die vet skape en bokke en die maer skape en bokke, 21want die vet skape en bokke het die maer skape en bokke weggestamp met hulle skouers en hulle lywe, hulle het die maer skape en bokke met hulle horings gestoot en weggejaag uit die trop. 22Ek sal my skape en bokke red. Niemand sal hulle kan vat nie. Ek sal oordeel tussen die verskillende skape en bokke.”
Dawid sal die herder wees van die volk
23“Ek sal een herder kies en aanstel vir my volk, en hy sal vir hulle sorg. Ek sal my dienaar Dawid aanstel. Hy sal vir hulle sorg, hy sal hulle herder wees. 24Ek, die Here, sal hulle God wees, en my dienaar Dawid sal oor hulle regeer. Ek, die Here, het dit gesê. 25En Ek sal 'n verbond maak met hulle sodat hulle vrede kan hê, Ek sal die wilde diere in die land doodmaak sodat my skape en bokke veilig kan wees in die weiveld en sodat hulle tussen die bosse kan slaap. 26Ek sal dit goed laat gaan met hulle en met die land rondom my heuwel. Ek sal die reën op die regte tyd laat val. Die reën sal dit goed laat gaan met hulle. 27Daar sal vrugte aan die bome wees en daar sal baie koring wees wat die mense kan afsny. My volk sal veilig wees in hulle land. Hulle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek die jukke breek wat op hulle nekke is en wanneer Ek hulle red van die mense wat vir hulle slawe gemaak het. 28Ander volke sal nie meer kan kom en hulle wegvat nie, en wilde diere sal hulle nie meer kan opvreet nie. Hulle sal veilig woon en hulle sal nie meer bang wees nie. 29Ek sal alles vrugbaar maak wat hulle plant. Almal sal dit sien. My volk sal nie meer honger wees nie, en die ander volke sal hulle nie meer beledig nie. 30My volk sal weet dat Ek, hulle God die Here, by hulle is, die volk Israel sal weet dat hulle my volk is.”
Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
31“Ja, julle is my skape en bokke, julle is die skape en bokke op my weiveld. Julle is mense, en Ek is julle God.”
Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

Currently Selected:

Esegiël 34: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy