YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 60

60
Wanneer God by ons is, dan sal ons sterk wees
1Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Die blom wat getuig.” 'n Lied van Dawid, om vir mense te leer. 2Dit was toe Dawid oorlog gemaak het teen die Arameërs van die land Mesopotamië en die land Soba, en toe Joab teruggekom het en 12 000 Edomiete doodgemaak het in die Sout-vallei.
3O God, U het ons weggestoot,
U het ons gebreek.
U was kwaad vir ons.
Maar U moet dit weer goed laat gaan met ons.
4U het die aarde laat skud en laat skeur,
maar U moet die skeure weer heelmaak,
want die aarde sal in stukke breek.
5U het u volk baie swaar laat kry,
U het vir ons 'n beker wyn gegee om te drink,
dit het ons dronk gemaak.
6U het 'n vlag in die lug gehou vir ons,
vir die mense wat vir U dien,
U het gesê ons moet wegvlug van ons vyande.
7 U moet nou u hand optel en ons red,
U moet doen wat ons vra,
sodat ons, die mense vir wie U lief is,
vry kan word.
8God het in sy tempel gesê:
“Ek het die vyande oorwin en Ek sal juig
wanneer Ek die grond van Sigem verdeel
en wanneer Ek die Sukkot-vallei meet
en vir mense gee.
9Die land Gilead is my land,
die land van Manasse is ook Myne.
Die land Efraim is vir My soos die helm
op die kop van 'n soldaat.
Die land Juda is vir My soos die septer
in die hand van 'n koning.
10Die land Moab is vir My soos 'n skottel
waarin iemand sy voete was.
Ek neem die land Edom vir My.
Ek skree omdat Ek die Filistyne oorwin het.”
11Wie sal my bring na 'n stad wat sterk mure het,
wie sal my na Edom lei?
12O God, U het ons weggestoot,
U self het dit gedoen,
U gaan nie saam met ons soldate
wanneer hulle oorlog gaan maak nie.
13U moet ons kom help teen die vyande,
want ménse kan ons nie help nie.
14Wanneer God by ons is, dan sal ons sterk wees,
Hy self sal ons vyande plat trap.

Currently Selected:

Psalms 60: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy