YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 13

13
Die lig van mense wat reg lewe, skyn vrolik
1'n Kind wat wysheid het, luister
wanneer sy pa vir hom leer,
maar iemand wat altyd wil spot, luister nie
wanneer sy pa met hom raas nie.
2Wanneer 'n mens die regte dinge sê,
dan sal hy goeie dinge kry,
maar mense wat ontrou is,
wil altyd ander mense seermaak en doodmaak.
3As 'n mens versigtig is wanneer hy iets sê,
dan sal hy aanhou lewe,
maar 'n mens wat te veel praat, sal sterf.
4'n Lui mens word honger
en hy kry niks om te eet nie,
maar mense wat fluks werk,
kry meer as genoeg om te eet.
5'n Mens wat reg lewe, haat leuens,
maar die mens wat verkeerd doen,
sê dinge waaroor almal skaam word.
6Iemand wat heeltemal reg lewe,
is veilig omdat hy reg doen,
maar 'n sondaar sterf omdat hy verkeerd doen.
7Party mense maak of hulle ryk is,
maar hulle het niks,
party mense maak of hulle arm is,
maar hulle het baie.
8Wanneer iemand ryk is,
dan moet hy homself miskien loskoop,
maar niemand sê dat 'n arm mens iets moet betaal nie.
9Die lig van mense wat reg lewe, skyn vrolik,
maar die lamp van mense wat verkeerd doen, gaan dood.
10'n Hoogmoedige mens wil altyd twis.
Iemand wat wysheid het, luister
wanneer ander mense vir hom sê wat om te doen.
11Iemand wat skielik ryk geword het,
word gou weer arm,
iemand wat stadig en versigtig goed bymekaarmaak,
word ryker en ryker.
12'n Mens word moedeloos wanneer hy nie kry
wat hy graag wil hê nie,
maar hy is weer lus om te lewe wanneer hy kry
wat hy wil hê.
Die dinge wat 'n wyse mens vir jou leer, laat jou lewe
13Wanneer 'n persoon nie wil doen
wat 'n wyse mens vir hom leer nie,
dan sal hy arm word
en hy sal iemand se slaaf moet word,
maar wanneer hy doen wat 'n wyse mens vir hom sê,
dan sal hy 'n beloning kry.
14Die dinge wat 'n wyse mens vir jou leer,
laat jou lewe, dit keer sodat die dood
jou nie in sy vangstrik vang nie.
15Mense sal van jou hou as jy verstandig is,
mense wat ontrou is, se planne sal nie slaag nie.
16Elke slim mens weet hoe om dinge te doen,
maar 'n dwaas hou aan om te wys
hoe dom hy is.
17Dit sal sleg gaan met 'n boodskapper
wat 'n verkeerde boodskap bring,
maar 'n mens wat sy boodskap reg bring,
laat dit beter gaan met mense.
18'n Mens wat nie wil doen
wat 'n wyse mens vir hom leer nie,
word arm, en niemand respekteer hom nie,
maar mense respekteer iemand wat onthou
wat 'n wyse mens vir hom sê.
19Dit is lekker om iets te kry wat jy graag wil hê.
Dwase haat dit om op te hou om slegte dinge te doen.
20Wanneer jy saam met wyse mense lewe,
dan kry jy self wysheid,
wanneer jy vir dwase mense wil sorg,
dan word jy ook sleg.
21Dit gaan altyd sleg met sondaars,
maar dit gaan goed met mense wat reg lewe.
22'n Goeie mens se kleinkinders
kry sy goed wanneer hy sterf,
maar die rykdom wat 'n sondaar bêre,
gaan na iemand anders.
Iemand wat reg lewe, kry dit.
23Wanneer arm mense hulle koringlande
die eerste maal geploeg het,
dan sal daar baie kos vir hulle op die lande wees,
maar hulle verloor al die kos wanneer ander mense
nie reg wil doen aan hulle nie.
24Wanneer iemand nie sy kind straf nie,
dan is hy nie lief vir sy kind nie,
as hy lief is vir sy kind, dan sal hy vir die kind reg leer.
25Mense wat reg lewe,
het meer as genoeg kos om te eet,
mense wat verkeerd doen, bly altyd honger.

Currently Selected:

Spreuke 13: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy