YouVersion Logo
Search Icon

Hosea 3

3
Die Israeliete sal later weer terugkom
1Die Here het weer met my, Hosea, gepraat. Die Here het gesê: “Jy moet lief wees vir 'n vrou wat vir ander mans lief is en by hulle slaap. Dit is dieselfde met My en die Israeliete. Ek is lief vir hulle, maar hulle dien ander gode. Hulle eet graag die rosyntjiekoeke wat hulle vir die afgode offer.”
2Ek het toe vir my so 'n vrou gekoop. Ek het 15 stukke silwer betaal en ook een en 'n halwe gomer gars. 3Ek het vir haar gesê: “Jy moet lank by my bly en jy moenie ontrou wees en by 'n ander man slaap nie. Ek sal ook by jou bly. 4Jy moet dit doen, want die Israeliete sal ook lank weg wees. Hulle sal nie 'n koning en amptenare hê nie, hulle sal nie offer nie en hulle sal ook nie klip-pale of beelde hê nie. Hulle sal nie vir die beelde kan bid en vra wat sal gebeur nie.
5“Maar die Israeliete sal later weer terugkom. Hulle sal hulle God die Here soek, en hulle koning Dawid. Hulle sal bewe en hulle sal na die Here toe kom en na die goeie dinge wat Hy vir hulle sal gee wanneer dit die regte tyd is.”

Currently Selected:

Hosea 3: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy