Genesis 12:5-7
Genesis 12:5-7 ABA
Abram het sy vrou Sarai, sy broer se seun Lot en al hulle goed saamgeneem. Hy het ook al die slawe geneem wat hulle in Haran gehad het. Hulle het weggegaan na die land Kanaän. Toe hulle in Kanaän kom, het Abram deur die land getrek tot by die gewyde plek van Sigem, dit is die boom van die mense wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie. In daardie tyd het die Kanaäniete in die land gewoon. Die Here het aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek gee hierdie land vir jou nageslag.” Abram het daar 'n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.





