Galasiërs 4:4-5
Galasiërs 4:4-5 ABA
Maar toe God besluit het dit is die regte tyd, het Hy sy Seun gestuur. Sy Seun was 'n mens, soos ons, en Hy moes doen wat die wette sê. Ons was slawe van die wette, maar God het sy Seun gestuur om ons vry te maak. So het God ons aangeneem, en ons het sy kinders geword.






