YouVersion Logo
Search Icon

Esegiël 25

25
Die Ammoniete
1Ek het gehoor die Here sê vir my: 2“Mens, jy moet jou gesig na die Ammoniete toe draai en jy moet my boodskap teen hulle bring. 3Jy moet vir die Ammoniete sê: Julle moet luister na wat die Here sê, Hy wat Here is. Die Here, Hy wat Here is, sê: Julle het lekker gekry toe die vyande my tempel ontwy het, toe hulle die land Israel verwoes het, en toe die volk Juda gevangenes geword het. 4Daarom sal Ek nou die Oosmense laat wen teen julle en Ek sal hulle in julle land laat woon. Hulle sal hulle tente opslaan tussen julle en húlle sal julle vrugte eet en julle melk drink. 5Ek sal die stad Rabba 'n veld maak waar kamele kan wei, en julle land sal 'n plek word waar skape en bokke kan lê. Julle sal weet dat Ek die Here is.”
6Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Julle het julle hande geklap en julle voete gestamp en gewys hoe bly julle is, want julle haat die land Israel. 7Daarom sal Ek nou my hand teen julle uitsteek om julle te straf. Ek sal ander volke bring om julle te vang en weg te vat. Ek sal julle wegvat tussen die volke en Ek sal julle laat verdwyn uit die lande. Ek sal julle almal laat sterf, en julle sal weet dat Ek die Here is.”
Die Moabiete en die Ammoniete
8Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die mense van Moab en Seïr het gesê die volk Juda is dieselfde soos al die ander volke. 9Daarom sal Ek die grens van die land Moab oopmaak sodat die vyande kan inkom in die land, Ek sal die stede op die grens vir hulle oopmaak, die pragtige land rondom die stede Bet-Jesimot, Baäl-Meon en Kirjatajim. 10Ek sal die lande van die Moabiete en die Ammoniete vir die Oosmense gee, dit sal aan hulle behoort. Niemand van die ander volke sal nog aan die Ammoniete dink nie. 11Ek sal die Moabiete straf, en hulle sal weet dat Ek die Here is.”
Die Edomiete
12Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die Edomiete het baie slegte dinge gedoen aan die volk Juda. Die Edomiete is skuldig, hulle het slegte dinge gedoen aan die mense van Juda. 13Daarom sal Ek my hand uitsteek teen die land Edom om die mense te straf, Ek sal mense en diere in die land laat sterf. Daar sal net hope klippe oorbly in die land, van die stad Teman tot by die stad Dedan. Die mense sal in oorlog sterf. 14Ek sal my volk Israel gebruik om die Edomiete te straf. Ek is kwaad, en my volk sal in die land Edom doen wat Ek wil hê, Ek wil wys dat Ek kwaad is. Die Edomiete sal weet dat Ek hulle straf.”
Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Die Filistyne
15Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die Filistyne het slegte dinge gedoen aan ander mense. Hulle het die ander mense altyd gehaat en hulle wou almal doodmaak. 16Daarom sal Ek nou my hand teen die Filistyne uitsteek om hulle te straf. Ek sal hierdie Kreta-mense almal laat sterf en Ek sal almal laat verdwyn wat langs die see woon. 17Ek is kwaad en Ek sal hulle baie swaar straf. Hulle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek hulle straf.”

Currently Selected:

Esegiël 25: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy