YouVersion Logo
Search Icon

Eksodus 26

26
Die tempel-tent
1Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet 'n tempel-tent maak van tien stukke materiaal. Dit moet goeie linne-materiaal wees, en blou, pers en rooi wol-materiaal. Julle moet gerubs op die materiaal borduur. 2Elke stuk materiaal moet 28 el lank en vier el breed wees. 3Werk eers vyf stukke materiaal aan mekaar vas, en dan die ander vyf stukke materiaal. 4-5Julle moet 50 blou lissies vaswerk aan een kant van elke stuk materiaal. Hulle moet ewe ver van mekaar wees. 6Julle moet dan ook 50 goue hakies vaswerk aan elke stuk materiaal sodat die hakies in die lissies kan haak, en sodat die stukke materiaal van die tempel-tent vas aan mekaar kan wees. 7Julle moet dan 'n seil maak van bokhaar-materiaal, en julle moet hierdie seil bo-oor die tempel-tent sit. Julle moet elf stukke materiaal daarvoor gebruik. 8Elke stuk materiaal moet 30 el lank en vier el breed wees. 9Werk eers vyf stukke materiaal aan mekaar vas, en dan die ander ses stukke materiaal. Julle moet die sesde stuk materiaal dubbel vou. Dit moet aan die voorkant van die tent wees. 10Julle moet 50 lissies vaswerk aan die kant van elke stuk materiaal. 11Dan moet julle ook 50 brons hakies vaswerk aan elke stuk materiaal en julle moet die hakies in die lissies sit. As julle dan die tent opslaan, sal die stukke materiaal almal vas aan mekaar wees. 12Die stuk materiaal wat oorbly, moet oorhang agter die tempel-tent. 13Aan elke lang kant van die tent sal een el oorhang om dit toe te maak. 14Julle moet ook 'n seil maak van skaapvelle wat julle rooi gekleur het. Dan moet julle nog 'n seil maak van velle wat julle sag gemaak het, en julle moet dit bo-oor die rooi seil sit. 15Julle moet rame van doringhout maak om die tempel-tent regop te hou. 16Elke raam moet tien el lank en een en 'n halwe el breed wees. 17Elke raam moet twee houtpenne en twee gate hê sodat julle die pale goed aan mekaar kan vassit. So moet julle maak met al die rame van die tempel-tent. 18Julle moet 20 rame maak vir die suidekant van die tempel-tent. 19Julle moet ook 40 voetstukke van silwer maak en julle moet die voetstukke onder die 20 rame sit, twee voetstukke onder elke raam waar die houtpenne is. 20-21Julle moet ook 20 rame en 40 voetstukke van silwer maak vir die noordekant van die tempel-tent. 22Vir die westekant van die tempel-tent moet julle ses rame maak, 23en ook twee rame op elke hoek van die tent. 24Julle moet die hoekrame sterker maak van onder tot by die boonste ring. Dit is die hoekrame. 25Die rame aan die westekant moet almal saam ag wees, en 16 voetstukke van silwer. 26-27Julle moet dwarspale maak van doringhout, vyf dwarspale vir die rame aan drie kante van die tempel-tent, aan die noordekant, die suidekant en die westekant. 28Die middelste dwarspaal tussen die rame moet lank wees, van een kant tot by die ander kant. 29Julle moet die rame oortrek met goud. Julle moet vir hulle goue ringe maak en julle moet die dwarspale deur die ringe steek. Julle moet die dwarspale ook oortrek met goud. 30Julle moet die tempel-tent maak presies soos Ek vir jou op die berg gewys het.
31“Julle moet vir die tempel-tent 'n gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Julle moet gerubs daarop borduur. 32Julle moet vier doringhout-pale oortrek met goud en julle moet vier goue hake daaraan vassit. Julle moet vir die pale vier voetstukke van silwer maak. 33Dan moet julle die gordyn ophang aan die hakies en julle moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, neersit agter die gordyn. Die gordyn moet die gewyde kamer skei van die hoog-gewyde kamer. 34Julle moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, en die deksel neersit in die hoog-gewyde kamer. 35Julle moet die tafel neersit buitekant die gordyn, en die lampstaander oorkant die tafel in die suidekant van die tempel-tent. Die tafel moet in die noordekant staan. 36Julle moet die ingang van die tent toemaak met blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal. 37Julle moet dit ophang aan vyf pale van doringhout. Julle moet die pale oortrek met goud en julle moet vir hulle vyf voetstukke van brons maak. Daar moet hake aan die pale wees.”

Currently Selected:

Eksodus 26: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy