YouVersion Logo
Search Icon

Prediker 7

7
As God iets krom gemaak het, dan kan niemand dit reguit maak nie
1Dit is goed om lekkerruik-olie te gebruik,
maar dit is beter wanneer mense jou respekteer.
Die dag toe jy gebore is, was 'n goeie dag,
maar die dag wanneer jy sal sterf, sal 'n beter dag wees.
2Dit is goed om na 'n huis te gaan waar die mense feesvier,
maar dit is beter om na 'n huis te gaan waar die mense rou.
Want al die mense moet sterf,
en die mense wat lewe, moet dit onthou.
3Dit is goed om te lag,
maar dit is beter om hartseer te wees,
want wanneer jou gesig wys dat jy swaarkry,
dan wys dit dat jy goed dink.
4 Wyse mense wil in 'n huis wees waar die mense rou,
dwase wil in 'n huis wees waar die mense feesvier.
5Dit is beter om te luister wanneer 'n wyse mens met jou raas
as om te luister wanneer dwase sing,
6want wanneer 'n dwaas lag, dan raas dit
soos doringtakkies in die vuur onder 'n pot.
Dit is ook nie reg nie.
7Maar die persoon wat wysheid het, word ook 'n dwaas wanneer iemand hom afpers, en wanneer iemand 'n present kry sodat hy iets moet doen wat verkeerd is, dan hou hy op om verstandig te wees. 8Dit is beter om op te hou praat as om te begin praat, dit is beter om geduldig te wees as om hoogmoedig te wees. 9Jy moenie gou kwaad word oor dinge wat gebeur nie, want dit is dwase wat gou kwaad word. 10Jy moenie vra hoekom alles voorheen beter was as nou nie, want wanneer jy dit vra, dan het jy nie wysheid nie. 11Wanneer jy wysheid het, dan is dit so goed soos wanneer jy iets erf, dit help baie vir 'n mens wat lewe, 12want wysheid beskerm jou soos geld jou beskerm. Wanneer iemand weet hoe om te lewe, dan gee wysheid vir hom 'n lang lewe. 13Jy moet goed kyk hoe God dinge gemaak het, want as Hy iets krom gemaak het, dan kan niemand dit reguit maak nie. 14Wanneer dit goed gaan, dan moet jy dit geniet, en wanneer dit sleg gaan, dan moet jy onthou: God het die goeie én die slegte dinge laat gebeur, sodat 'n mens nie sal weet wat later sal gebeur nie.
Jy moenie probeer om te baie regverdig te wees nie
15My lewe beteken niks, maar ek het alles gesien. Ek het gesien dat 'n persoon reg lewe en dat hy sterf terwyl hy reg lewe, en ek het gesien dat iemand verkeerd doen, maar dat hy lank lewe terwyl hy slegte dinge doen. 16Jy moenie probeer om te baie regverdig te wees nie en jy moenie te veel wys dat jy wysheid het nie. Jy sal kwaad en ontsteld word oor die dinge wat met jou gebeur. 17Jy moenie aanhou om verkeerde dinge te doen nie en jy moenie aanhou om dwaas te wees nie, jy sal sterf voordat dit jou tyd is om te sterf. 18Dit is goed om nie te probeer om te baie regverdig te wees nie en om nie aan te hou om verkeerde dinge te doen nie. Ja, wanneer jy vir God respekteer en Hom dien, dan sal jy weet wat om te doen. 19Wysheid gee vir wyse mense meer krag as vir tien regeerders in die stad.
20Niemand op die aarde is so regverdig dat hy net goed doen en nooit sonde doen nie.
21Jy moenie luister na alles wat mense sê nie, dan sal jy nie hoor wanneer jou slaaf jou vervloek nie, 22want jy weet dat jy self baie maal ander mense vervloek het.
Die wysheid het ver weg van my gebly
23Ek het wysheid gebruik en ek het al die dinge getoets. Ek het gesê ek wil wysheid hê, maar die wysheid het ver weg van my gebly. 24Die wysheid is ver weg en baie diep, niemand kan dit kry nie. 25Ek het hard probeer om te weet en te soek en te kyk of ek wysheid kan kry en of ek dinge kan ken. Ek wou weet of 'n mens 'n dwaas is wanneer hy verkeerd doen en of 'n mens mal is wanneer hy dwase dinge doen. 26Ek het iets gekry wat meer bitter is as die dood: Dit is wanneer 'n vrou jou vang soos 'n mens 'n voël in 'n vangnet vang, en wanneer sy jou so vashou dat jy nie kan loskom nie. As God goed is vir jou, dan kan jy vry wegkom van haar. Maar 'n sondaar kan nie wegkom van haar nie. 27Die Prediker sê: Luister wat het ek uitgevind. Ek het oor alles gedink en ek het probeer om dinge te verstaan. 28Maar ek het nie gekry wat ek gesoek het nie. Ek het by 1 000 mense een goeie man gekry, maar ek het by hulle almal nie een goeie vrou gekry nie. 29Maar ek het een ding uitgevind: Ek het uitgevind dat God die mense goed gemaak het, maar die mense het sleg geword en hulle het baie skelm planne probeer maak.

Currently Selected:

Prediker 7: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy