YouVersion Logo
Search Icon

1 Korintiërs 10:23-33

1 Korintiërs 10:23-33 ABA

Ja, ons is vry om alles te doen, maar daar is dinge wat nie goed is vir ons nie. Ons is vry om alles te doen, maar alles maak nie ons geloof sterk nie. Ons moenie selfsugtig wees nie en ons moenie net doen wat vir óns goed is nie. Ons moet doen wat goed is vir ánder mense. Julle mag enige vleis eet wat iemand in 'n slaghuis verkoop. Maar julle moenie vra van waar die vleis kom nie, want as julle miskien hoor dit is offer-vleis, dan sal julle dink julle doen sonde om dit te eet. Want in die Ou Testament is geskryf: Die aarde en alles op die aarde behoort aan die Here. Wanneer ongelowiges julle uitnooi om by hulle te eet, en julle wil by hulle eet, dan moet julle alles eet wat hulle vir julle gee. Moenie vra van waar die vleis kom nie, want as julle miskien hoor dit is offer-vleis, dan sal julle dink julle doen sonde om dit te eet. Maar wanneer iemand vir julle sê: “Hierdie is offer-vleis,” dan moet julle dit nie eet nie, want dan weet julle dit is 'n probleem vir die persoon wat dit vir julle gesê het. Jy dink dit is nie sonde nie, maar die ander persoon dink miskien dit is sonde. Nou vra jy miskien: “Ek mag enige iets eet, hoekom mag ek nie offer-vleis eet nie? Want ék dink nie ek doen sonde nie, dit is die ánder gelowige wat dink dit is sonde. Ek het vir die Here dankie gesê vir die kos wat ek eet. Hoekom sê iemand anders ek doen sonde wanneer ek kos eet waarvoor ek vir die Here dankie gesê het?” Onthou, julle moet God prys met alles wat julle doen, ook wanneer julle eet of drink. Julle moenie só lewe dat dit probleme gee vir Jode of Grieke of vir die mense van God se kerk nie. Kyk wat doen ek: Ek probeer altyd om te vra wat vir ánder mense belangrik is. Ek doen nie net dinge wat goed is vir mý nie, ek doen dinge wat goed is vir baie mense, sodat God hulle kan red.

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy