YouVersion Logo
Search Icon

HANDELINGE 17

17
Die oproer in Tessalonika
1Paulus en Silas het deur Amfipolis en Apollonië gereis en in Tessalonika aangekom, waar daar ’n sinagoge van die Jode was.
2Soos dit Paulus se gewoonte was, het hy na die sinagogediens gegaan en op drie Sabbatdae na mekaar uit die Skrifte met die Jode geredeneer. 3Hy het die Skrif verklaar en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood#17:3a Grondteks tussen die dooies uit. opstaan. “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hý is die Messias#17:3b Of Gesalfde of Christus..” 4Party van hulle het toe oortuig geraak en by Paulus en Silas aangesluit. ’n Groot aantal Grieke wat die ware God aanbid het, en ’n klomp vooraanstaande vroue het ook nog bygekom.
5Die Jode was egter jaloers hieroor. Hulle het toe met die hulp van ’n paar nikswerd leeglêers ’n betoging begin en die stad in oproer gebring. Hulle het na Jason se huis opgeruk en wou Paulus en Silas voor die volk#17:5 Of voor die raad. bring. 6Toe die Jode hulle nie kry nie, sleep hulle vir Jason en ’n paar ander gelowiges#17:6, 10, 14 Grondteks broers. na die stadsowerhede en skreeu: “Dít is die mense wat die hele wêreld in beroering bring. En nou is hulle hier in ons stad. 7Jason het hulle as gaste ontvang. Hulle is almal skuldig aan verraad teen die keiser, want hulle erken ’n ander koning#17:7 Grondteks sê dat daar ’n ander koning is., naamlik Jesus!”
8Die skare en die stadsowerhede was ontsteld toe hulle dit hoor. 9Hulle het hulle egter laat gaan nadat hulle van Jason en die ander gelowiges voldoende borg gekry het.
Paulus en Silas vriendeliker in Berea ontvang
10Toe dit donker was, het die gelowiges#17:6, 10, 14 Grondteks broers. vir Paulus en Silas na Berea toe gestuur. Daar aangekom, het hulle na die Jode se sinagoge gegaan. 11Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika, en hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. 12Baie van hulle het gevolglik gelowig geword en ook heelparty van die Grieke, sowel vooraanstaande vroue as mans.
13Toe die Jode van Tessalonika egter hoor dat die woord van God ook in Berea deur Paulus verkondig word, het hulle ook dáár oproer gaan stook en die skares opgesweep. 14Die gelowiges#17:6, 10, 14 Grondteks broers. het Paulus dadelik weggestuur kus toe, maar Silas en Timoteus het agtergebly. 15Paulus se begeleiers het hom tot in Atene vergesel. Toe het hulle teruggegaan met ’n opdrag aan Silas en Timoteus om so gou moontlik by Paulus aan te sluit.
Paulus spreek die Areopagusraad in Atene toe
16Terwyl Paulus in Atene vir hulle wag, het hy diep verontwaardig geword toe hy agterkom die stad is so vol afgodsbeelde. 17Hy het in die sinagoge geredeneer met die Jode en dié wat die ware God aanbid het, en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat.
18’n Paar filosowe, Epikureërs en Stoïsyne, het met hom gedebatteer. Toe Paulus oor Jesus en sy opstanding praat, het party gesê: “Wat sou hierdie kletskous tog wil sê?” Ander het gesê: “Hy klink na vreemde gode se boodskapper.”
19Hulle het hom na die Areopagusraad#17:19, 22 Grondteks Areopagus. Die naam Areopagus kon ook die raad aandui wat met die massiewe Areopagusrots geassosieer is. toe gevat en gesê: “Ons wil graag meer weet oor hierdie nuwe leer wat deur jou verkondig word. 20Dis regtig vreemde dinge wat ons hoor; ons wil graag weet wat dit beteken.” 21(Al die Ateners en die uitlanders in Atene het feitlik al hulle tyd aan die bespreking van nuwe idees bestee.)
22Paulus het toe in die middel van die Areopagusraad#17:19, 22 Grondteks Areopagus. Die naam Areopagus kon ook die raad aandui wat met die massiewe Areopagusrots geassosieer is. stelling ingeneem en gesê: “Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte nogal regtig godsdienstig is. 23Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die voorwerpe wat julle aanbid, het ek ook ’n altaar gesien met die inskripsie: ‘Aan ’n onbekende god.’ Nou ja, hierdie God wat julle aanbid sonder om Hom te ken, Hóm verkondig ek aan julle.
24“Hy is die God wat die wêreld met alles daarin gemaak het. Hy is die Here van hemel en aarde, en daarom woon Hy nie in tempels wat met mensehande gebou is nie. 25Mensehande kan nie na sy behoeftes omsien nie, want Hy het aan niks behoefte nie. Inteendeel, dit is Hý wat aan almal lewe en asem en álles gee. 26Uit een mens het Hy elke nasie van die mensdom gemaak, om oor die hele aarde te woon. Hy het die tye van hulle bestaan bepaal, en die grense van hulle blyplek.
27“God se doel met die nasies was om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Nie dat Hy ver van enigeen van ons af is nie. 28Dis tog juis deur Hóm dat ons leef, beweeg en bestaan. Soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons is sy nageslag.’ 29Ons moet dus nie aan God dink in terme van beelde van goud, silwer of klip nie. Ons is dan self sy nageslag. Sulke beelde is bloot skeppings van mense se vaardigheid en verbeelding. 30God het wel mense se vroeëre onkunde oorgesien, maar nou roep Hy alle mense oral op om die afgode te los en hulle tot Hom te bekeer#17:30 Grondteks om hulle te bekeer.. 31Hy het immers ’n dag bepaal waarop ’n Man wat Hy beskik het, in geregtigheid oor die wêreld gaan oordeel. As bewys vir almal wie dié Man is, het Hy Hom uit die dood#17:31 Grondteks tussen die dooies uit. laat opstaan.”
32Toe hulle van die opstanding van die dooies hoor, het party hom uitgelag, maar ander het gesê: “Ons wil graag later meer hieroor van jou hoor.” 33Daarmee het Paulus uit hulle midde vertrek.#17:33 Grondteks So het Paulus uit hulle midde vertrek. 34’n Paar persone het egter gelowig geword en by hom aangesluit. Onder hulle was daar Dionisius, ’n lid van die Areopagusraad#17:34 Grondteks Areopagus. Die naam Areopagus kon ook die raad aandui wat met die massiewe Areopagusrots geassosieer is., en Damaris, ’n vrou, en nog ’n paar saam met hulle.

Currently Selected:

HANDELINGE 17: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy