YouVersion Logo
Search Icon

HOOGLIED 1

1
1Salomo se heel mooiste lied.
Jong vrou:#1:1 Die opskrifte kom nie in die oorspronklike teks voor nie. Die grondteks gee wel ’n aanduiding van die geslag in die werkwoorde van die persoon wat praat.
2“Soen my weer en weer!
Jou liefde
is soeter as wyn.
3Jou parfuum ruik heerlik.
Jou naam
is soos parfuum!
Dis waarom meisies
so baie van jou hou.
4Vat my saam met jou!
Kom, laat ons hardloop!
Laat die koning my
na sy kamer toe neem.”
Vriende:
“Kom ons juig!
Ons is bly oor jou!
Ons hou meer van jou liefde
as van wyn.”
Jong vrou:
“Geen wonder
meisies het jou so lief nie.
5Ek is donker en ek is pragtig,
vroue van Jerusalem.
Ek het die kleur
van die tente van Kedar
en die tentdoeke van Salomo.
6“Moenie my so staan en bekyk
omdat ek donker is nie.
Die son het my so gebrand.
My broers was kwaad vir my.
Daarom het hulle my die wingerde
laat oppas.
My eie wingerd
moes ek verwaarloos.
7Sê vir my, my liefling,
waar laat jy
jou kleinvee wei?
Waar gaan jy met hulle oorstaan
vanmiddag?
Hoekom moet ek my
agter ’n sluier versteek#1:7 Alternatiewe vertaling soos ’n prostituut aantrek.
om na jou te gaan soek
by die veetroppe
van jou vriende?”
Jong man:
8“As jy nie weet nie,
mooiste van die vroue,
loop op die spore
van die skape
en laat jou bokkies wei
daar by die veewagters se tente.
9“My beminde, jy is vir my
soos ’n perd
voor die farao se oorlogwa.
10Jou wange is pragtig
met oorbelle versier.
Jou nek is mooi
met juwele versier.
11Ons maak vir jou
oorbelle van goud,
met silwer versiersels daarin.”
Jong vrou:
12“Terwyl die koning
by sy tafel is,
versprei die geur
van my nardusparfuum.
13My liefling is vir my
’n sakkie mirre
tussen my borste.
14My liefling is vir my
’n bos hennablomme
uit die wingerde van En-Gedi.”
Jong man:
15“Jy is pragtig, my beminde.
Jou oë is so mooi
soos die oë van duiwe.”
Jong vrou:
16“Jy is baie aantreklik, my liefling.
Die bed waarop ons lê,
is soos groen gras,
17ons huis se balke
is soos sederbome,
ja, soos sipresbome.”

Currently Selected:

HOOGLIED 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy