YouVersion Logo
Search Icon

OPENBARING 10

10
Johannes moet die klein boekrol gaan eet
1Toe het ek ’n ander kragtige engel gesien wat van die hemel af neergedaal het. Hy was omring deur ’n wolk, met ’n reënboog bokant sy kop. Sy gesig was soos die son, en sy voete soos twee vuurkolomme. 2In sy hand het hy ’n oopgerolde boekrolletjie vasgehou. Hy het gaan staan, met sy regtervoet op die see en sy linkervoet op die aarde. 3Toe het hy met ’n kragtige stem uitgeskreeu soos ’n leeu wat brul. Nadat hy so uitgeskreeu het, het sewe donderslae hulle eie dreunings laat weergalm.
4En toe die sewe donderslae weergalm het, was ek op die punt om dit op te skryf, maar ek het ’n stem van die hemel se kant af hoor sê: “Hou geheim wat die sewe donderslae weergalm het, en moenie dit opskryf nie.”
5Die engel wat ek op die see en die land sien staan het,
het sy regterhand in die rigting
van die hemel opgelig
6en ’n eed gesweer by Hom
wat vir altyd lewe,
wat die hemel en sy inhoud, die land en sy inhoud, die see en sy inhoud, geskep het. Hy het onder eed gesweer: “Daar is nie meer tyd oor nie. 7In daardie tyd wanneer die sewende engel sy trompet sal blaas, sal God se verborge bedoeling verwerklik word, soos Hy dit as goeie boodskap aan sy diensknegte, die profete, bekendgemaak het.”
8Die stem wat ek van die hemel se kant af gehoor het, het toe weer met my gepraat deur vir my te sê: “Gaan haal die oopgerolde boekrolletjie wat in die hand is van die engel wat op die see en land staan.”
9Ek het toe na die engel toe gegaan en hom gevra om die boekrolletjie vir my te gee. Sy reaksie was: “Neem dit en eet dit op. Dit sal bitter wees in jou maag alhoewel dit so soet soos heuning sal smaak in jou mond.” 10Ek het toe die boekrolletjie uit die hand van die engel geneem en dit opgeëet. In my mond was dit so soet soos heuning, maar toe ek dit insluk, was dit bitter in my maag. 11Hulle#10:11 Enkele jonger manuskripte Hy. sê toe vir my: “Jy moet nog eers God se wil oor volke, nasies, taalgroepe en baie heersers gaan verkondig.”

Currently Selected:

OPENBARING 10: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy