PSALMS 25
25
Ek vertrou op die Here
1’n Dawidspsalm.
Ek rig my tot U, Here.
2Ek vertrou op U, my God!
Moenie dat ek
in die skande kom,
of my vyande
oor my laat juig nie.
3Niemand wat op U wag,
word ooit beskaam nie,
maar húlle word beskaam
wat bedrieg sonder oorsaak.
4 Here, wys my die weg
wat ek moet gaan,
leer my u paaie.
5Lei my deur u waarheid
en leer my,
want U, o God, is my redder.
Die hele dag wag ek vol hoop op U.
6Dink, o Here, aan u liefde
en medelye,
van altyd af deur U bewys.
7Moenie dink aan die opstand
en die sonde van my jeug nie;
Here, dink eerder aan my
met troue liefde,
ter wille van u goedheid.
8Die Here is goed
en doen wat reg is.
Daarom wys Hy vir sondaars
die regte pad.
9Mag Hy die nederiges
op die regte weg lei,
en vir dié wat beskeie is,
sy pad leer.
10Die paaie van die Here
is goedheid en trou
vir dié wat getrou is
aan die bepalings
van sy verbond.
11Ter wille van u Naam, Here,
vergewe tog my sondes,
want dit is baie.
12Wie is die een
wat die Here dien?
Hy sal hom wys
watter pad hy moet kies.
13Hy sal in voorspoed lewe,
en sy nageslag
sal die beloofde land beërwe.
14Die Here se voorneme
is duidelik
vir dié wat Hom dien.
Aan hulle
maak Hy sy verbond bekend.
15Ek kyk altyd op na die Here
vir hulp,
want Hy sal my voete
van die vangnet bevry.
16Draai u gesig na my
en bewys genade aan my,
want ek is alleen
en in diep nood.
17Die kwellinge van my gedagtes
word al meer.
Verlos my tog
uit hierdie ellende!
18Kyk na my pyne en kwellinge,
en vergeef tog al my sondes.
19Kyk hoeveel vyande
is teen my,
hoe hulle my haat met venyn!
20Beskerm my en red my!
Bewaar my van vernedering,
want ek vertrou op U.
21Mag opregtheid en eerlikheid
my beskerm,
want ek wag op U.
22O God, bevry Israel
uit al sy nood.
Currently Selected:
PSALMS 25: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011
PSALMS 25
25
Vergewing en bewaring.
1 'n PSALM van Dawid.
Alef. Tot U, o Here, hef ek my siel op.
2 Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.
3 Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.
4 Dalet. Here, maak my u weë bekend; leer my u paaie.
5 He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
6 Sajin. Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.
7 Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o Here!
8 Tet. Die Here is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
9 Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.
10 Kaf. Al die paaie van die Here is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
11 Lamed. Om u Naam ontwil, Here, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot.
12 Mem. Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.
13 Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.
14 Samek. Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
15 Ajin. My oë is altyddeur op die Here, want Hý sal my voete uit die net uitlei.
16 Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig.
17 Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste.
18 Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.
19 Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat.
20 Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.
21 Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.
22 o God, verlos Israel uit al sy benoudhede!
Currently Selected:
:
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.