YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 16

16
By die Here is vreugde
1’n Gebed van Dawid.
Beskerm my, o God,
want ek kom na U toe
vir skuiling.
2Ek sê vir die Here:
“U is my Here!
Alle goeie dinge
kry ek van U alleen.”
3Die sogenaamde heiliges
in die land,
vervloek is elkeen
wat vreugde in hulle vind.#16:3 Grondteks Wat betref die heiliges wat in die land is en die edeles van al my welbehae in hulle ...
4Mag hulle
wat ander gode najaag
baie droefheid beleef.
Drankoffers van bloed
sal ek nie uitgiet nie,
of die name van hulle afgode
op my lippe neem nie.
5 Here, U alleen is my erfenis,
my beker van seën.
U waarborg
my lotsbestemming.#16:3-5 Hierdie verse is plek-plek onverstaanbaar.
6’n Pragtige plek
is vir my afgemeet.
Wat ek geërf het,
is vir my mooi!
7Ek prys die Here
wat my insig gee;
ook in die nag
is ek daarvan bewus.
8Die Here is altyd by my.
Ja, Hy is aan my regterhand;
daarom sal ek nie struikel nie.
9Hieroor is my hart vol vreugde.
Ek besing sy lof,
en woon in veiligheid.
10Want aan die doderyk
sal U my nie prysgee,
of toelaat dat u getroues
in die graf ontbind nie.
11U wys vir my die lewenspad;
in u teenwoordigheid
is vreugde,
en aan u regterhand
is daar blydskap vir altyd.

Currently Selected:

PSALMS 16: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy