YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 18

18
1’n Mens
wat hom eenkant hou,
lewe net vir homself.
Hy het ’n afkeer
aan gesonde oordeel.
2’n Dwaas
het geen erg aan insig nie.
Hy stel net daarin belang
om sy eie opinie bekend te maak.
3Waar goddeloosheid sy voet
by die deur inkry,
kom minagting
daarmee saam.
Saam met die belediging
kom ook die skande.
4’n Man se woorde
kan diep waters wees,
’n borrelende fontein
waaruit wysheid vloei.
5Dit is verkeerd vir ’n regter
om partydig te wees
vir die skuldige,
deur teen die onskuldige
uitspraak te lewer.
6’n Dwase mens
praat hom alewig
in ’n rusie in;
hy soek vir ’n pak slae
met wat hy sê.
7’n Dwaas se mond
is sy ondergang.
Met sy woorde
stel hy vir homself
’n noodlottige strik.
8Skinderstories
is so soet soos lekkernye,
dit sink tot diep in jou gemoed.
9Iemand wat lui is in sy werk,
is die tweelingbroer
van die verwoester.
10Die Naam van die Here
is soos ’n veilige fort.
Die regverdige gaan skuil daar
en word beskerm.
11Die ryk man
beskou sy rykdom
as ’n ondeurdringbare vesting.
In sy verbeelding is dit ’n hoë muur
waaragter hy beskerm word.
12Op selfverheffing
volg ineenstorting.
Op nederigheid
volg eer.
13Iemand wat ’n antwoord gee
voor hy die vraag gehoor het,
is dwaas.
Skande wag vir hom.
14Innerlike sterkte dra ’n mens
deur sy liggaamlike siekte.
Hoe kan iemand egter uithou
as hy moed verloor het?
15’n Mens met insig
kry steeds meer kennis.
Wyse mense
hou altyd hulle ore oop
vir nog meer kennis.
16’n Geskenk
maak ander se harte
oop vir jou.
Dit maak belangrike mense
toeganklik vir jou.
17Hy wat eerste praat
in ’n regsaak,
lyk altyd onskuldig.
Eers by kruisondervraging
kom die waarheid uit.
18Rusies kan besleg word
deur die lot te werp.
Dit kan beslissings vel
tussen twee sterk teenstanders.
19’n Verontregte broer
is meer ontoeganklik
as ’n gewapende stad;
’n rusie is soos die balk
wat deure toesluit.
20Deur die regte woorde te gebruik
kan ’n mens sy honger stil.
Hy kan genoeg kry om te eet
met wat hy sê.
21Die tong het mag oor dood
en oor lewe.
Hulle wat lief is om te praat,
moet saamleef
met die gevolge
van hulle woorde.
22Iemand wat ’n goeie vrou kry,
het geluk gevind.
Hy geniet die goedheid
van die Here.
23’n Arm mens vra mooi.
’n Ryk mens
gee kortaf antwoorde.
24Vriende kan mekaar verwoes.
Daar kan ook ’n vriend wees
wat nader aan jou is
as jou eie broer.

Currently Selected:

SPREUKE 18: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy