YouVersion Logo
Search Icon

NUMERI 8

8
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Sê vir Aäron hy moet sorg dat die sewe lampies aan die voorkant lig maak wanneer hy hulle aan die kandelaar vassit.”
3Aäron het toe so gemaak. Hy het die lampies aan die voorkant vasgesit, soos die Here vir Moses gesê het. 4Die hele kandelaar was van sy voetstuk af tot bo by die amandelblommetjies van uitgeslaande goud gemaak. Dit was presies volgens die plan gemaak wat die Here vir Moses voorgehou het.
Die Leviete word in hulle werk bevestig
5Die Here het vir Moses gesê: 6“Skei die Leviete van die ander Israeliete en berei hulle voor#8:6 Of reinig hulle.. 7Doen dit deur reinigingswater oor hulle te sprinkel. Laat hulle dan hulle hele lyf skeer en hulle klere was sodat hulle gereinig kan wees. 8Laat hulle dan ’n jong bul bring en ’n maaltydoffer van meel gemeng met olie en ook ’n tweede bul vir ’n sonde-offer. 9Roep al die Israeliete bymekaar en bring die Leviete na die ingang van die tabernakel. 10Wanneer jy die Leviete voor die Here bring, moet die Israeliete hulle hande op die Leviete kom lê. 11Aäron moet die Leviete dan aan die Here voorstel en hulle aan Hom opdra as ’n offer wat die Israeliete vir die Here gee. Hulle moet dan in diens van die Here staan.
12“Die Leviete moet dan hulle hande op die koppe van die jong bulle sit. Hulle moet die een offer as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer om versoening te bring vir hulle sonde. 13Laat die Leviete dan voor Aäron en sy seuns gaan staan. Dra hulle dan aan die Here op as ’n offer wat vir Hom aangebied word. 14So sal jy die Leviete losmaak van die res van die Israeliete en hulle sal uitsluitlik in my diens staan. 15Daarna kan die Leviete hulle werk in die tabernakel begin doen, want jy het hulle gereinig en hulle ’n offer vir God gemaak.
16“Die Leviete behoort op ’n ander manier aan My as die ander Israeliete. Hulle staan in vir almal in Israel wat eerste gebore is. 17Sowel mens as dier wat eerste gebore is in Israel, behoort eintlik aan My. Ek het hulle vir Myself opgeëis die dag toe Ek die eersgeborenes in Egipte doodgemaak het. 18“Ek het egter nou die Leviete in hulle plek aanvaar.
19“Uit al die Israeliete het Ek die Leviete gekies en hulle vir Aäron en sy seuns gegee om by die tabernakel namens die res van Israel te dien. Hulle sal vir die Israeliete versoening doen sodat geen onheil hulle sal tref wanneer hulle na die tabernakel toe kom nie.”
20Moses, Aäron en die hele vergadering van die Israeliete het toe met die Leviete gemaak presies net soos die Here vir Moses gesê het. 21Die Leviete het hulle reggekry. Hulle het hulle klere gewas. Aäron het hulle toe voor die Here gebring om hulle aan Hom op te dra. Hy het vir hulle versoening gedoen om hulle te reinig.
22Van toe af het die Leviete in die tabernakel ingegaan om daar hulle werk saam met Aäron en sy seuns te doen. Hulle het gemaak presies net soos die Here vir Moses oor die Leviete gesê het.
Die dienstydperk van die Leviete
23Die Here het ook vir Moses gesê: 24“Die reël vir die Leviete is dat hulle van die ouderdom van 25 af in die tabernakel moet kom diens doen. 25Ná 50 moet hulle ophou. Hulle mag dan nie langer in die tabernakel werk nie. 26Hulle mag wel nog hulle mede-Leviete help om wag te staan by die tabernakel. Self mag hulle egter nie langer meer daar werk nie. So kan jy die werk van die Leviete organiseer.”

Currently Selected:

NUMERI 8: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy