YouVersion Logo
Search Icon

NUMERI 33

33
Israel se reis
1Moses het die roete wat die Israeliete gevolg het nadat hulle uit Egipte weg is onder sy en Aäron se leiding 2opgeteken. Hier volg van waar tot waar die Here hulle laat trek het: 3Hulle is uit Rameses weg die oggend na die eerste Paasfees, die vyftiende van die eerste maand. Terwyl die Egiptenaars staan en kyk het, is hulle triomfantlik daar weg. 4Die Egiptenaars was besig om hulle eersgeborenes te begrawe wat die Here die vorige nag om die lewe gebring het. Die Here het sy oordeel oor hulle gode voltrek. 5Nadat hulle van Rameses weggetrek het, het hulle by Sukkot kamp opgeslaan. 6Hulle is van Sukkot af weg en het kamp opgeslaan by Etam aan die rand van die woestyn. 7Hulle het Etam verlaat, en is toe terug na Pi-Hagirot, teenoor Baäl-Sefon. Hulle het kamp opgeslaan by Migdol. 8Hulle is van Pi-Hagirot weg en het deur die Rietsee na die woestyn toe getrek. Hulle het drie dae lank deur die Etamwoestyn getrek en toe by Mara kamp opgeslaan. 9Hulle het Mara verlaat en by Elim aangekom met sy twaalf fonteine en 70 palmbome. Hulle het daar kamp opgeslaan. 10Van Elim af het hulle teruggedraai en langs die Rietsee kamp opgeslaan.
11Van die Rietsee af is hulle na die Sinwoestyn, waar hulle kamp opgeslaan het. 12Hulle is van die Sinwoestyn af weg en het by Dofka kamp opgeslaan. 13Hulle het Dofka verlaat en by Alus kamp opgeslaan. 14Hulle is van Alus af weg en het by Refidim kamp opgeslaan. Daar was nie genoeg drinkwater vir die volk nie. 15Hulle het Refidim verlaat en in die Sinaiwoestyn gaan kamp opslaan.
16Hulle het uit die Sinaiwoestyn weggetrek en by Kibrot-Taäwa kamp gemaak. 17Hulle het Kibrot-Taäwa verlaat en by Gaserot kamp opgeslaan. 18Hulle is van Gaserot af weg en het by Ritma kamp opgeslaan. 19Hulle het Ritma verlaat en by Rimmon-Peres kamp opgeslaan. 20Hulle is van Rimmon-Peres af weg en het by Libna kamp opgeslaan. 21Hulle het Libna verlaat en by Rissa kamp opgeslaan. 22Ná hulle by Rissa weg is, het hulle by Kehelata kamp opgeslaan. 23Hulle het Kehelata verlaat en by Har-Sefer kamp opgeslaan. 24Van Har-Sefer is hulle weg en het by Garada kamp opgeslaan. 25Hulle het Garada verlaat en by Makhelot kamp opgeslaan. 26Hulle het Makhelot verlaat en by Tagat kamp opgeslaan. 27Van Tagat af is hulle weg en het by Terag kamp opgeslaan. 28Hulle het Terag verlaat en by Mitka kamp opgeslaan. 29Ná hulle van Mitka af weg is, het hulle by Gasmona kamp opgeslaan. 30Hulle het Gasmona verlaat en by Moserot kamp opgeslaan. 31Hulle het Moserot agtergelaat en by Bene-Jaäkan kamp opgeslaan. 32Hulle het Bene-Jaäkan verlaat en by Gor-Gidgad kamp opgeslaan. 33Hulle het Gor-Gidgad agtergelaat en by Jotbata kamp opgeslaan. 34Hulle het Jotbata verlaat en by Abrona kamp opgeslaan. 35Ná hulle van Abrona weg is, het hulle by Esjon-Geber kamp opgeslaan. 36Hulle het Esjon-Geber verlaat en by Kades in die Sinwoestyn kamp opgeslaan. 37Ná hulle Kades verlaat het, het hulle by Horberg op die grens van Edom kamp opgeslaan. 38Die Here het die priester Aäron beveel om teen Horberg uit te klim. Hy is daar dood in die middel van die somer#33:38 Of op die eerste van die vyfde maand., in die veertigste jaar ná Israel uit Egipte weg is. 39Aäron was 123 jaar oud toe hy op Horberg dood is.
40Die Kanaänitiese koning van Arad het in die Negevwoestyn in Kanaän gebly. Hy het gehoor dat die Israeliete aan die kom is.
41Die Israeliete het intussen Horberg verlaat en by Salmona kamp opgeslaan. 42Hulle is van Salmona af weg en het by Punon kamp opgeslaan. 43Van Punon af is hulle na Obot waar hulle kamp opgeslaan het. 44Hulle het Obot verlaat en by Ije-Abarim op die grens van Moab kamp opgeslaan. 45Hulle is van Ije-Abarim af weg en het by Dibon-Gad kamp opgeslaan. 46Hulle het Dibon-Gad verlaat en by Almon-Diblatajim kamp opgeslaan. 47Van Almon-Diblatajim het hulle by die Abarimberge reg teenoor Nebo kamp opgeslaan.
48Hulle het die Abarimberge verlaat en op die Moabsvlakte langs die Jordaan reg teenoor Jerigo kamp opgeslaan. 49Daar in die Moabsvlakte aan die kant van die Jordaan het hulle oral gekamp vanaf Bet-Jesimot tot by Abel-Sittim.
Roei die inwoners van Kanaän uit
50Daar op die Moabsvlakte langs die Jordaan reg teenoor Jerigo het die Here vir Moses gesê: 51“Praat met die Israeliete en sê vir hulle: As julle die Jordaan oorsteek, is julle in die land Kanaän. 52Julle moet almal wat daar woon uit die land verdryf. Vernietig al die afgodsbeelde wat hulle vir hulle uitgekerf en gegiet het. Verwoes al hulle offerhoogtes. 53Neem die land in besit en gaan woon daar. Ek gee die land sodat julle dit kan besit. 54Verdeel die land volgens die grootte van elke stam deur die lot te werp. Gee meer grond vir ’n groter groep, en minder vir ’n kleiner groep. Soos die lot dit uitwys, moet elkeen sy deel kry. So sal elke stam sy eie grond hê. 55Die inwoners van die land wat julle nie uitdryf nie, sal soos splinters in julle oë en soos dorings in julle sye wees. Hulle sal met julle baklei omdat julle in die land woon. 56Ek sal dan met julle maak wat Ek met hulle wou maak!”

Currently Selected:

NUMERI 33: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy