YouVersion Logo
Search Icon

NUMERI 10

10
Die tekens van die trompette
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Maak vir jou twee trompette van uitgerolde silwer. Gebruik hulle om die gemeenskap bymekaar te roep. Dit moet ook die teken wees om die kamp af te slaan. 3As al twee gelyk blaas, sal dit die teken wees dat almal by die ingang van die tabernakel bymekaar moet kom. 4Wanneer net een blaas, is dit die teken dat net die leiers van die stamme na jou toe moet kom.
5“Wanneer jy een keer hard blaas, sal die kamp aan die oostekant eerste begin oppak om te trek. 6Wanneer jy die tweede keer blaas, sal die kamp aan die suidekant begin gereedmaak om te gaan. Jy moet dan ’n tweede teken blaas om te begin beweeg. 7Wanneer jy die gemeenskap bymekaar wil roep, moet jy weer ’n ander soort sein gee. 8Net Aäron se seuns, die priesters, mag die trompet blaas. Dit is ’n onveranderlike reëling vir al die geslagte.
9“Wanneer julle in julle land aankom en oorlog maak teen julle vyande, moet julle die oproep na die oorlog op hierdie trompette blaas. Die Here julle God sal dan aan julle dink en julle die vyand laat oorwin. 10By feestelike geleenthede, op die jaarlikse feesdae, en aan die begin van elke maand, ook wanneer julle brandoffers en vrede-offers bring, moet julle op die trompette blaas. Dit sal julle aan julle God laat dink. Ek is die Here julle God.”
Die volgorde waarin hulle getrek het
11Op ’n dag in die middel van die lente#10:11 Of die twintigste van die tweede maand. het die wolk bo die tabernakel opgelig. Dit was op die twintigste in die tweede jaar na hulle uit Egipte weg is. 12Die Israeliete het opgepak en weggetrek uit die Sinaiwoestyn uit. Die wolk het toe in die Paranwoestyn gaan stilstaan. 13Dit was die eerste keer dat hulle op bevel van die Here begin trek het. Hy het sy bevele vir hulle deur middel van Moses gegee.
14Die mense onder die vaandel van Juda, wat deur Nagson gelei is, het eerste begin marsjeer. 15Issaskar was onder leiding van Netanel, die seun van Suar. 16Die Sebulonstam was onder leiding van Eliab, seun van Gelon.
17Die tabernakel is afgeslaan. Die Gersoniete en die Merariete het dit vervoer.
18Die mense onder die vaandel van Ruben het volgende vertrek. Hulle is aangevoer deur Elisur, die seun van Sedeür. 19Selumiël, seun van Suri-Saddai, het die stam van Simeon gelei. 20Eljasaf, seun van Reüel, het die stam van Gad gelei.
21Die Kehatiete het daarna begin trek. Hulle het die toerusting van die tabernakel vervoer. Teen die tyd dat hulle by die eindbestemming aangekom het, was die tabernakel alreeds opgeslaan.
22Die groepe onder die vaandel van Efraim was volgende aan die beurt. Hulle is gelei deur Elisama, seun van Ammihud. 23Die stam van Manasse se leier was Gamliël, seun van Pedasur. 24Die Benjaminiete is gelei deur Abidan, seun van Gidoni.
25Die groepe onder die vaandel van Dan het laaste vertrek. Hulle het die agterhoede van die hele kamp gevorm. Hulle leier was Agiëser, seun van Ammi-Saddai. 26Pagiël, seun van Okran, het die stam van Aser gelei. 27Enan se seun Agira het die stam van Naftali gelei.
28Dit was die volgorde waarin die Israeliete kamp opgebreek en gemarsjeer het.
Moses vra Gobab om saam te gaan
29Moses het op ’n keer vir sy swaer Gobab, die seun van Reüel die Midianiet, gesê: “Ons is op pad na die land wat die Here ons God vir ons belowe het. Gaan saam met ons. Ons sal vir jou goed wees. Die Here het vir ons goeie dinge belowe.”
30Gobab het geantwoord: “Nee, ek wil nie. Ek wil eerder teruggaan na my eie land en mense toe.”
31Moses het hom toe gesoebat: “Moenie ons in die steek laat nie. Jy ken die woestyn waar ons moet kamp. Jy kan ons help kyk waar ons moet staan. 32Trek saam met ons. Ons sal al die goeie dinge wat die Here vir ons gee, met jou deel.”
Israel vertrek vanaf Sinai
33Hulle is van die berg van die Here af weg. Hulle het drie dae lank getrek. Die ark van die Here se verbond is drie dae ver voor hulle uit om te soek vir ’n plek waar hulle kan kamp opslaan. 34Die wolk van die Here het bo hulle gehang wanneer hulle van hulle kampplek af vertrek het. 35Wanneer die ark begin beweeg het, het Moses uitgeroep:
“Trek op, Here!
Laat u vyande
voor U uit wegskarrel!
Laat hulle vlug voor u aanval!”
36Wanneer die ark weer op sy plek neergesit is, het hy gesê:
“Kom terug, Here,
na die duisendtalle
van Israel!”

Currently Selected:

NUMERI 10: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy