YouVersion Logo
Search Icon

JOSUA 16

16
Die Josefstamme
1Die grond wat deur loting vir die nageslag van Josef uitgewys is, strek vanaf die Jordaan by Jerigo, oos van die Jerigofonteine, deur die woestyn na die berge by Bet-El. 2Van Bet-El (dit is Lus) af loop dit na Atarot in die gebied van die Erekiete, 3dan weswaarts af na die gebied van die Jafletiete tot by die gebied van Bet-Goron-Onder en dan na Geser en dan loop dit dood teen die Middellandse See.
4Die stamme Manasse en Efraim, die nakomelinge van Josef, het hulle grondgebied in ontvangs geneem.
Efraim se grond
5Die grond wat vir die families van die stam Efraim gegee is, het van Atrot-Addar in die ooste na Bet-Goron-Bo toe geloop, 6en dan verder aan tot by die Middellandse See. Van Mikmetat in die noorde swaai die grens ooswaarts verby Taänat-Silo na die gebied oos van Janoag. 7Van Janoag af loop dit af na Atarot en Naära toe, dan skrams teen Jerigo verby tot by die Jordaanrivier.
8Van Tappuag af loop die grens wes met die Kanaspruit langs en eindig by die Middellandse See.
Dit is die gebied van die families van die stam Efraim.
9Efraim het ook dorpe met hulle omringende dorpies binne die grondgebied van die halwe stam van Manasse gekry.
10Die Efraimiete het nie die Kanaäniete wat in Geser gewoon het, uitgedryf nie. Die Kanaäniete woon nou nog tussen die Efraimiete. Hulle word wel gedwing om vir hulle te werk.

Currently Selected:

JOSUA 16: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy