YouVersion Logo
Search Icon

RIGTERS 12

12
Jefta en die Efraimiete
1Die Efraimiete het bymekaargekom om oorlog te maak. Hulle het deur die Jordaan na Safon getrek. Daar het hulle vir Jefta gevra: “Hoekom het jy teen die Ammoniete gaan veg sonder om ons saam met jou te neem? Ons sal jou saam met jou huis afbrand.”
2Jefta het hulle geantwoord: “Daar was ’n groot stryd tussen ons en die Ammoniete. Ek het julle opgeroep, maar julle het my nie kom help nie. 3Toe ek sien ek gaan nie hulp kry nie, het ek dit maar gewaag en teen die Ammoniete gaan veg. Die Here het hulle in my hand gegee. Hoekom wil julle nou teen my kom veg?”
4Maar die Efraimiete sê: “Julle mense van Gilead het uit Efraim en Manasse gedros!”
Jefta het toe die mense van Gilead bymekaargemaak en teen die Efraimiete geveg. 5Hulle het die Efraimiete by die Jordaandriwwe voorgelê. Wanneer iemand deur die Jordaan wou teruggaan, het hulle vir hom gevra: “Is jy ’n Efraimiet?” Wanneer hy sê: “Nee!”, 6sê hulle vir hom: “Sê ’n bietjie: ‘Sjibbolet.’” Wanneer hy “Sibbolet” sê, het hulle hom gegryp en daar by die Jordaandrif doodgemaak. Die Efraimiete kon nie die woord reg uitspreek nie. So is 42 000 man van Efraim dood. 7Jefta het Israel ses jaar lank gelei. Jefta die Gileadiet het gesterf en hy is begrawe in een van die stede in Gilead.
Ander leiers
8Ná hom het Ibsan uit Betlehem as leier van die Israeliete opgetree. 9Hy het 30 seuns en 30 dogters gehad. Hy het sy dogters met mans buite sy stam laat trou. Hy het ook sy seuns met 30 vroue van buite sy stam laat trou. Hy het Israel vir sewe jaar lank gelei. 10Toe Ibsan sterf, is hy in Betlehem begrawe.
11Hy is gevolg deur Elon uit Sebulon. Hy was tien jaar lank die leier van Israel. 12Toe Elon uit Sebulon sterf, is hy begrawe in Ajalon in die Sebulongebied.
13Ná hom het Abdon, die seun van Hillel uit Piraton, leier van Israel geword. 14Hy het 40 seuns en 30 kleinseuns gehad. Hulle het op 70 donkies gery. Hy was agt jaar lank leier in Israel. 15Abdon, die seun van Hillel uit Piraton, het gesterf. Hulle het hom in Piraton in die Efraimgebied by die Amalekheuwels begrawe.

Currently Selected:

RIGTERS 12: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy