YouVersion Logo
Search Icon

RIGTERS 10

10
Tola
1Ná Abimelek was Tola Israel se rigter. Hy was die seun van Puwwa, die seun van Dodo, uit die stam Issaskar. Hy het in Samir in die heuwels van Efraim gebly. 2Hy het Israel 23 jaar lank gelei. Hy is dood en is in Samir begrawe.
Jaïr
3Ná hom het Jaïr uit Gilead Israel 22 jaar lank gelei. 4Sy 30 seuns het elkeen op ’n donkie gery. Hulle het 30 dorpe in Gilead gehad. Dit word vandag nog die tentdorpe van Jaïr genoem. 5Toe Jaïr sterf, is hy in Kamon begrawe.
Die Ammoniete verdruk Israel
6Die Israeliete het maar weer begin doen wat verkeerd is vir die Here. Hulle het die Baäls en die Astartes vereer en voor die gode van die Arameërs, die Sidoniërs, die Moabiete, die Ammoniete en die Filistyne gebuig. Hulle het hulle rug op die Here gedraai. Hulle het Hom nie meer aanbid nie.
7Toe het die Here woedend geword vir die Israeliete. Hy het hulle aan die Filistyne en die Ammoniete uitgelewer. 8Hulle het die Israeliete wat oos van die Jordaan bly, in die gebied van die Amoriete in Gilead, agtien jaar lank onderdruk en hulle mishandel.
9Die Ammoniete het ook die Jordaan oorgesteek om teen Juda, Benjamin en Efraim te gaan oorlog maak. Israel was in groot moeilikheid.
10Die Israeliete het by die Here gepleit. Hulle het gebid: “Ons het teen U gesondig. Ons was nie getrou aan ons God nie. Ons het die Baäls aanbid.”
11Die Here het die Israeliete geantwoord: “Ek het julle bevry toe die Egiptenaars, die Amoriete, die Ammoniete, die Filistyne, 12die mense van Sidon, Amalek en Maon julle verdruk het. Julle het tot My gebid en Ek het julle uit hulle mag gered. 13Maar julle het My nou al weer laat staan om ander gode te gaan aanbid. Ek gaan julle nie weer red nie. 14Gaan kerm nou by die gode wat julle vir julleself gekies het. Laat hulle julle uit die moeilikheid red!”
15Maar die Israeliete het gesoebat by die Here: “Ons het gesondig! Maak met ons soos U wil. Red ons tog net vandag!”
16Hulle het ontslae geraak van die ander gode en net die Here aanbid. Hy was jammer vir hulle omdat hulle so swaargekry het.
17Die Ammoniete het saamgetrek om oorlog te maak. Hulle het kamp opgeslaan in Gilead. Die Israeliete het ook bymekaargekom en hulle reggemaak vir oorlog. Hulle het by Mispa kamp opgeslaan. 18Die aanvoerders by Gilead het met mekaar ooreengekom: “Die een wat die oorlog teen die Ammoniete begin, sal die leier wees van almal wat in Gilead bly.”

Currently Selected:

RIGTERS 10: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy