YouVersion Logo
Search Icon

JESAJA 9

9
1Die mense
wat in die donkerte geleef het,
sal ’n groot lig sien.
Die lig sal skyn
op almal
in die land
waaroor die dood
’n skaduwee gegooi het.
2U sal Israel weer grootmaak,
en sy mense sal bly wees
soos mense bly is
tydens die oestyd,
soos soldate
bly is oor die buit.
3Want God sal die kettings
wat sy volk vasbind
en die sweep
waarmee hulle geslaan is,
stukkend breek.
Hy sal maak net soos op die dag
toe Hy Midian verslaan het#9:3 Gideon se klein groepie soldate het Midian beslissend verslaan..
4In daardie dag van vrede
sal elke skoen
wat in die oorlog gebruik is
en elke uniform
wat met bloed bevlek is,
in die vuur verbrand word.
5Want ’n Kind is vir ons gebore,
’n Seun is aan ons gegee.
Hy sal die heerser wees
met die koninklike titels:
Wonderbare Raadsman#9:5 Grondteks kan ook lees Wonderbaar, Raadsman.,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.
6Sy heerskappy en vrede
sal voortdurend uitbrei
en nooit ophou nie.
Vanaf die troon
waarop sy voorouer Dawid
gesit het,
sal Hy vir altyd regverdig
en reg regeer.
Die toewyding#9:6 Of ywer. van die Here,
die Almagtige, sal dit waarborg.
Die Here se woede teen Israel
7Die Here het teen Jakob gepraat. Hy het Israel aangespreek: 8Al die mense, Israel#9:8 Grondteks Efraim, die noordelike ryk van Israel. en die inwoners van Samaria, gaan dit een van die dae agterkom. Hulle sê ewe trots en vol arrogansie: 9“Ons land is nou ’n puinhoop, maar ons sal dit herbou sodat dit beter is as voorheen. Ons sal die gebreekte bakstene vervang met gekapte klip, die wildevyebome met seders.”
10Die Here stuur Resin se vyande, die Assiriërs,#9:10 die Assiriërs kom nie in die grondteks voor nie. teen hulle. 11Saam met hulle kom ook die Arameërs uit die ooste en die Filistyne uit die weste. Hulle sal hulle tande wys en Israel opeet. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan. 12Selfs ná al hierdie straf sal die volk hulle steeds nie bekeer en na die Here, die Almagtige, terugdraai nie.
13Daarom sal die Here vir Israel
in één dag vernietig.
Hy sal die kop en die stert,
palmtak en biesie afsny.
14Die leiers van Israel is die kop,
en die profete wat lieg,
is die stert.
15Want die leiers van die volk het hulle op die verkeerde pad, na verwoesting, gelei. 16Daarom is die Here nie bly oor die jong manne nie, en het Hy geen genade selfs vir die weeskinders en weduwees nie. Want hulle is almal voor die voet goddeloos en boos en hulle lieg. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan.
17Hulle boosheid is soos ’n veldbrand. Die vuur verbrand nie net die dorings en dissels nie, maar ook die woude. Die brand veroorsaak groot wolke rook.
18Die land is swart gebrand deur die woede van die Here, die Almagtige. Die volk is die vuurmaakhout, en niemand gee om vir ander mense nie. 19Hulle steel links en regs, maar bly honger. Op die ou end eet hulle selfs hulle eie kinders#9:19 Grondteks eet hulle hulle eie arms.. 20Manasse sal op Efraim#9:20 Manasse en Efraim is die twee vernaamste stamme van Israel, die Noordryk. teer, en Efraim op Manasse. En saam sal hulle Juda verteer. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan.

Currently Selected:

JESAJA 9: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy