YouVersion Logo
Search Icon

JESAJA 3

3
Oordeel teen Juda
1Die Here,
die Here, die Almagtige,
sal die kos- en watervoorrade
van Jerusalem en Juda afsny.
2Hy gaan elkeen van die leiers
van die volk vernietig:
helde, soldate, regters, profete,
waarsêers, ouderlinge,
3leëroffisiere, eerbare burgers,
adviseurs, kundige vakmanne
en deskundige besweerders.
4Dan sal Hy kinders aanstel
wat oor hulle sal regeer,
en wetteloosheid sal uitbreek.#3:4 Of en babatjies sal oor hulle heers.
5Mense sal mekaar inloop –
man teen man
en vriend teen vriend.
Jongmense sal teen gesag
in opstand kom,
en veragtes sal
op eerbare mense neersien.
6In daardie tyd sal ’n man
vir sy broer sê:
“Omdat jy behoorlike klere het,
moet jy ons leier kom wees!
Kom regeer oor die ruïnes.”
7“Nee!” sal hy antwoord.
“Ek kan nie help nie.
Ek het nie ekstra kos
en klere in my huis nie.
Moet my nie vra
om betrokke te raak nie!”
8Van Juda en Jerusalem
sal net ruïnes oorbly
omdat hulle met woord en daad
die Here teenstaan
en hulle nie steur
aan sy heerlike teenwoordigheid nie.
9Hulle gesigte gee hulle al weg
dat hulle skuldig is.
Hulle sondig openlik
soos die mense van Sodom.
Hulle steek dit nie eens weg nie.
Hulle het hulle eie ondergang
bewerkstellig!
10Sê vir die regverdige:
“Dit sal goed gaan met jou.
Julle sal kry wat julle verdien!”
11Maar verwoesting wag vir die bose.
Hulle gaan ook kry
wat húlle verdien.
12Kinders verdruk my volk
en vroue heers oor hulle.
My volk, julle leiers vat julle
op die verkeerde pad,
na julle vernietiging toe.
13Die Here maak Hom klaar
om die volk te oordeel.
Hy staan reg
om téén sy mense op te tree!
14Die leiers en regeerders
gaan die eerste wees
wat die Here se oordeel beleef.
“Julle het die wingerd#3:14 die wingerd verwys na Israel – vgl Jes 5. geruïneer.
Israel is my wingerd.
Julle het die armes besteel,
hulle eiendom vir julle gevat.
15Hoe kon julle dit waag
om my volk en die armes
so in die stof in te trap?”
vra die oppermagtige Here,
die Almagtige.
Waarskuwing vir Jerusalem se vroue
16Verder sal die Here
’n oordeel uitspreek
oor die vroue van Jerusalem#3:16 Grondteks die dogters van Sion.,
wat met hulle neuse
in die lug rondloop,
met ringe wat rinkel
aan hulle enkels.
Hulle oë soek tussen die skare,
hulle flankeer met elke man.
17Die Here sal hulle koppe ontsier.
Ja, die Here sal hulle bles maak.
18Daardie dag stroop die Here
hulle swierigheid,
die bande om hulle koppe,
die hangertjies
in die vorm van ’n halfmaan,
19oorringe, armbande en sluiers,
20hooftooisels, voetkettinkies
en versierde gordels.
Hulle gelukbringertjies
sal weg wees,
21hulle ringe en neusringe,
22partytjieklere,
mantels, tjalies
en handsakkies,
23spieëltjies,
fyn linneklere,
kopdoekies en tjalies.
24In plaas daarvan
dat hulle na reukwater ruik,
sal hulle stink.
Hulle sal toue
vir gordels dra,
en hulle mooi gekamde hare
sal uitval en bles word.
In die plek van hulle mooi klere
sal hulle ’n roukleed dra.
In die plek
van hulle skoonheid
sal hulle die brandmerk dra
van ’n slaaf.
25Die manne van die stad
sal in die oorlog
doodgemaak word,
en die soldate in die geveg.
26Die ingange van Jerusalem#3:26; 4:4 Grondteks Sion.
sal rou en huil.
Die mense van
die stad sal verlate
op die grond sit.

Currently Selected:

JESAJA 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy