YouVersion Logo
Search Icon

JESAJA 20

20
’n Boodskap oor Egipte en Etiopië
1In die jaar wat koning Sargon van Assirië#20:1 Grondteks Tartan, wat na die hoofbevelvoerder verwys. die Filistynse stad Asdod beleër en oorwin het, 2het die Here vir Jesaja seun van Amos gesê: “Trek al jou rouklere uit, ook jou sandale.” Jesaja het dit gedoen en kaal en sonder skoene rondgeloop.
3Toe het die Here gesê: “My dienaar Jesaja het die laaste drie jaar kaal en sonder skoene rondgeloop. Dit is ’n teken, ’n simbool van die verskriklike moeilikheid wat Ek oor Egipte en Etiopië#20:3 Grondteks Kus. gaan bring. 4Want die koning van Assirië sal die mense van Egipte en Etiopië as gevangenes wegneem.
“Hy sal hulle kaal en sonder skoene laat loop, die jonges en die oues. Hulle sal kaal wees, tot Egipte se skande. 5Almal wat hulle vertroue op Etiopië gestel het en oor Egipte grootgepraat het, sal bang word en ook skaam kry. 6Hulle sal sê: ‘Kyk wat het gebeur met dié op wie ons gehoop het en na wie ons gevlug het om ons van die koning van Assirië te red! Hoe sal ons ooit kan ontsnap?’”

Currently Selected:

JESAJA 20: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy