YouVersion Logo
Search Icon

HOSEA 3

3
Hosea se vrou losgekoop
1Toe het die Here vir my gesê: “Gaan haal jou vrou. Bring haar terug na jou toe en bemin haar al het sy ’n verhouding met iemand anders en al pleeg sy owerspel. Want die Here het steeds vir Israel lief al het hulle ander gode verkies en uitsoekgawes aan hulle geoffer#3:1 Grondteks en is hulle dol oor rosyntjiekoeke. Dit het ’n funksie in die rituele van natuurgodsdienste gehad..”
2Ek het haar toe gekoop vir vyftien stukke silwer#3:2a Grondteks 15 silwer sonder om te sê of dit stukke of sikkels silwer was. en 100 kilogram#3:2b Grondteks ’n homer gars en ’n letek. Griekse vertaling ’n homer gars en ’n kruik wyn. gars. 3Toe sê ek vir haar: “Jy moet vir baie dae in my huis bly en nie by ander mans rondslaap nie. In hierdie tyd mag jy met niemand seksuele omgang hê nie, selfs nie met my nie.”
4Net so sal Israel vir ’n lang tyd sonder koning en leiers, sonder offers en aanbiddingsvoorwerpe, sonder efod#3:4 Voorwerp waarmee God se wil bepaal is, ook vertaal as skouerkleed, vgl Eks 28:4, 12; 1 Sam 23:9; 30:7. of selfs afgodsbeelde wees. 5Daarna sal die volk terugkeer na die Here hulle God en na hulle koning, die afstammeling van Dawid#3:5 Grondteks na Dawid hulle koning.. Hulle sal met bewing en ontsag na die Here toe kom. In die laaste dae sal hulle sy goeie gawes ontvang.

Currently Selected:

HOSEA 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy